Namibië een van 16 lande wat MIV-hulp by VSA CDC ontvang

Loading player...
Namibië is onder 16 lande wie se MIV- en Vigs-programme sal baat vind by befondsing van die Amerikaanse Sentrums vir Siektebeheer en -voorkoming. Dit is aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig deur Penda Ithindi, die uitvoerende direkteur by die ministerie van gesondheid. Suid-Afrikaanse amptenare het ook bevestig dat die land 2 miljard Suid-Afrikaanse rand van die sentrum sal ontvang. Besnoeiings in Februarie aan die Amerikaanse presidensiële noodplan vir Vigs-verligting, Pepfar, het kommer oor 'n massiewe finansiële tekort in MIV-programme in verskeie Afrikalande, insluitend Namibië, veroorsaak. Ithindi het meer.
16 Oct 2025 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

CAN bied gratis papsmeer-,prostaatondersoeke in Omaheke aan

Die Kankervereniging is tans in die Omaheke-streek om gratis papsmeer- en prostaatkankerondersoeke aan te bied. Die dienste maak voorsiening vir 100 vroue en 50 mans op 'n eerste-daar-eerste-bedien-basis. Kosmos 94.1 Nuus het met die vereniging se uitvoerende hoof, Rolf Hansen, gepraat wat sê individue word versoek om hul eie slaapklere,…
24 Mar 10AM 1 min

Cran verduidelik hoekom Starlink-lisensie afgekeur is

Die inligtingministerie het 'n perskonferensie in die hoofstad gehou oor die weiering van Starlink se aansoek om 'n satelliet-internetdiens te lewer. Die Kommunikasie Regulerende Owerheid van Namibië, Cran sê Starlink het aan net drie van die ses kriteria wat deur die wet vereis word voldoen. Een van die grootste redes…
24 Mar 10AM 1 min

Geen duidelikheid oor Iran-oorlog nie, 'want hy bly staande'

Amerikaanse president Donald Trump het Maandag sy sperdatum vir aanvalle op Iran as die Straat van Hormuz nie oopgestel word nie vir vyf dae uitgestel, met verwysing na "produktiewe" gesprekke, Iran se buitelandse sake-ministerie het onmiddellik op X ontken dat daar gesprekke was en gesê Trump retireer. Markte het positief…
24 Mar 10AM 1 min

Westair-groep stel brandstofheffings op al sy vlugte in

Die Westair-groep het die instelling van 'n brandstofheffing oor sy hele lugvaartportefeulje aangekondig, insluitend FlyNamibia, FlyNamibia Safari en Westair Charters. Die besluit kom in reaksie op toenemende globale en streeksdruk wat brandstofvoorraad en -pryse beïnvloed. Die groep het in 'n verklaring die voortdurende konflik in die Midde-Ooste as 'n primêre…
24 Mar 9AM 1 min

Skietmoord op Johannesburg-prokureur wek kommer

Die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, het die moord op prokureur Chinette Gallichan in die Johannesburgse middestad sterk veroordeel. Na wat berig word is sy gister naby die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie se kantore op die hoek van Fox- en Joubertstraat doodgeskiet. Sy was 'n…
24 Mar 9AM 1 min