
Geen duidelikheid oor Iran-oorlog nie, 'want hy bly staande'
Loading player...
Amerikaanse president Donald Trump het Maandag sy sperdatum vir aanvalle op Iran as die Straat van Hormuz nie oopgestel word nie vir vyf dae uitgestel, met verwysing na "produktiewe" gesprekke, Iran se buitelandse sake-ministerie het onmiddellik op X ontken dat daar gesprekke was en gesê Trump retireer. Markte het positief gereageer, met die Dow wat met 1 100 punte gestyg het en Brent-ruoliepryse wat met meer as 10 persent gedaal het, voordat dit weer effe gestyg het. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie by politieke ontleder professor Andre Duvenhage gekry.

