
Cran verduidelik hoekom Starlink-lisensie afgekeur is
Loading player...
Die inligtingministerie het 'n perskonferensie in die hoofstad gehou oor die weiering van Starlink se aansoek om 'n satelliet-internetdiens te lewer. Die Kommunikasie Regulerende Owerheid van Namibië, Cran sê Starlink het aan net drie van die ses kriteria wat deur die wet vereis word voldoen. Een van die grootste redes vir die weiering is dat die maatskappy 100 persent in buitelandse besit is. Dit beteken Namibië het nie jurisdiksie oor die diens nie, wat sekuriteitskwessies na vore bring. Die voorsitter van Cran se raad, professor Tulimevava Mufeti, gee verdere redes vir die weiering.

