
Skietmoord op Johannesburg-prokureur wek kommer
Loading player...
Die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, het die moord op prokureur Chinette Gallichan in die Johannesburgse middestad sterk veroordeel. Na wat berig word is sy gister naby die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie se kantore op die hoek van Fox- en Joubertstraat doodgeskiet. Sy was 'n regspraktisyn verbonde aan Sibanye-Stillwater se regspan. Die ministerie se woordvoerder, Terrence Manase, sê die slagoffer was na bewering ten tyde van haar dood betrokke in 'n arbeidsgeskil namens die onderneming:

