VN herdenk 25 jaar van vroue-erkenning

Loading player...
Die VN-Veiligheidsraadresolusie 1325 vier sy 25ste jaar. Die resolusie, wat in Oktober 2000 onder Namibië se presidentskap van die VN-Veiligheidsraad aangeneem is, was die eerste resolusie wat die onontbeerlike rol wat vroue speel in konflikvoorkoming, vredesbou en heropbou na konflik erken het. Rosalia Uushona die hoofbeampte vir buitelandse betrekkinge van die ministerie van internasionale betrekkinge het meer.
16 Oct 2025 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

CAN bied gratis papsmeer-,prostaatondersoeke in Omaheke aan

Die Kankervereniging is tans in die Omaheke-streek om gratis papsmeer- en prostaatkankerondersoeke aan te bied. Die dienste maak voorsiening vir 100 vroue en 50 mans op 'n eerste-daar-eerste-bedien-basis. Kosmos 94.1 Nuus het met die vereniging se uitvoerende hoof, Rolf Hansen, gepraat wat sê individue word versoek om hul eie slaapklere,…
24 Mar 10AM 1 min

Cran verduidelik hoekom Starlink-lisensie afgekeur is

Die inligtingministerie het 'n perskonferensie in die hoofstad gehou oor die weiering van Starlink se aansoek om 'n satelliet-internetdiens te lewer. Die Kommunikasie Regulerende Owerheid van Namibië, Cran sê Starlink het aan net drie van die ses kriteria wat deur die wet vereis word voldoen. Een van die grootste redes…
24 Mar 10AM 1 min

Geen duidelikheid oor Iran-oorlog nie, 'want hy bly staande'

Amerikaanse president Donald Trump het Maandag sy sperdatum vir aanvalle op Iran as die Straat van Hormuz nie oopgestel word nie vir vyf dae uitgestel, met verwysing na "produktiewe" gesprekke, Iran se buitelandse sake-ministerie het onmiddellik op X ontken dat daar gesprekke was en gesê Trump retireer. Markte het positief…
24 Mar 10AM 1 min

Westair-groep stel brandstofheffings op al sy vlugte in

Die Westair-groep het die instelling van 'n brandstofheffing oor sy hele lugvaartportefeulje aangekondig, insluitend FlyNamibia, FlyNamibia Safari en Westair Charters. Die besluit kom in reaksie op toenemende globale en streeksdruk wat brandstofvoorraad en -pryse beïnvloed. Die groep het in 'n verklaring die voortdurende konflik in die Midde-Ooste as 'n primêre…
24 Mar 9AM 1 min

Skietmoord op Johannesburg-prokureur wek kommer

Die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, het die moord op prokureur Chinette Gallichan in die Johannesburgse middestad sterk veroordeel. Na wat berig word is sy gister naby die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie se kantore op die hoek van Fox- en Joubertstraat doodgeskiet. Sy was 'n…
24 Mar 9AM 1 min