DA bekommerd oor SA tegnologie in Russiese aanvalshommeltuie

Loading player...
Die DA sê hy het met groot kommer kennis geneem van Bloomberg-berigte dat laserafstandsmetingstoerusting wat deur die Suid-Afrikaanse firma LightWare Opto-electronics vervaardig is, van Russiese aanvalshommeltuie herwin is wat in die oorlog teen Oekraïne gebruik word. Chris Hattingh van die DA sê die party wil hê die Nasionale Konvensionele Wapenbeheerkomitee se bevindinge in die LightWare-saak moet gepubliseer word in 'n dokument wat geskik is vir openbare en parlementêre ondersoek:
15 Oct 2025 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Oekraïne-oorlog word al dodeliker: VN

Die Verenigde Nasies waarsku hoe langer die Rusland-Oekraïne-oorlog voortduur, hoe dodeliker word dit. Sedert Rusland sy volskaalse inval in Oekraïne in 2022 van stapel gestuur het, is 15 364 burgerlikes dood, insluitend 775 kinders, en meer as 42 000 mense is beseer. Ten minste 188 burgerlikes is in Februarie dood…
24 Mar 11AM 1 min

McCullum bly aan as Engeland krieket-afrigter

Krieket: Die Engelse- en Wallis-krieketraad het 'n regmerkie gegee vir die bestuurspan van die hoofafrigter, Brendon McCullum, die kaptein, Ben Stokes, en die direkteur van krieket, Rob Key, ná 'n interne hersiening van die reeks om die As. Engeland het met 1-4 die onderspit gedelf in die reeks teen Australië…
24 Mar 11AM 1 min

CAN bied gratis papsmeer-,prostaatondersoeke in Omaheke aan

Die Kankervereniging is tans in die Omaheke-streek om gratis papsmeer- en prostaatkankerondersoeke aan te bied. Die dienste maak voorsiening vir 100 vroue en 50 mans op 'n eerste-daar-eerste-bedien-basis. Kosmos 94.1 Nuus het met die vereniging se uitvoerende hoof, Rolf Hansen, gepraat wat sê individue word versoek om hul eie slaapklere,…
24 Mar 10AM 1 min

Cran verduidelik hoekom Starlink-lisensie afgekeur is

Die inligtingministerie het 'n perskonferensie in die hoofstad gehou oor die weiering van Starlink se aansoek om 'n satelliet-internetdiens te lewer. Die Kommunikasie Regulerende Owerheid van Namibië, Cran sê Starlink het aan net drie van die ses kriteria wat deur die wet vereis word voldoen. Een van die grootste redes…
24 Mar 10AM 1 min

Geen duidelikheid oor Iran-oorlog nie, 'want hy bly staande'

Amerikaanse president Donald Trump het Maandag sy sperdatum vir aanvalle op Iran as die Straat van Hormuz nie oopgestel word nie vir vyf dae uitgestel, met verwysing na "produktiewe" gesprekke, Iran se buitelandse sake-ministerie het onmiddellik op X ontken dat daar gesprekke was en gesê Trump retireer. Markte het positief…
24 Mar 10AM 1 min