
Oekraïne-oorlog word al dodeliker: VN
Loading player...
Die Verenigde Nasies waarsku hoe langer die Rusland-Oekraïne-oorlog voortduur, hoe dodeliker word dit. Sedert Rusland sy volskaalse inval in Oekraïne in 2022 van stapel gestuur het, is 15 364 burgerlikes dood, insluitend 775 kinders, en meer as 42 000 mense is beseer. Ten minste 188 burgerlikes is in Februarie dood en 757 is beseer, 'n toename van 45-persent teenoor dieselfde tydperk verlede jaar. Rosemary DiCarlo van die VN sê verslae dui op 'n toename in aanvalle wat spoorweë en ander vervoerinfrastruktuur teiken:

