Hoe hanteer ons hartseer en 'n verhouding wat eindig?

Loading player...
Statistiek toon dat 15% van verhoudings 'suksesvol' is, wat beteken dat daar 'n 85% kans is dat 'n verhouding in 'n gebroke hart kan eindig. Dit beteken nie dat ons nie 'n kans op liefde moet waag nie, ons moet, want dit is die mooiste ding. Maar hoe hanteer ons die onvermydelike, die realiteit van deur hartseer loop? Madeleen gee ons praktiese raad oor hoe om hartseer te hanteer, hoe om op 'n gesonde manier aan te beweeg en moedig ons aan om weer 'n kans op liefde te waag.
25 Sep 2025 Afrikaans South Africa Leisure · Personal Journals

Other recent episodes

Wat is die perfekte hoeveelheid intimiteit?

Pulane en Madeleen gesels oor 'n onderwerp wat party paartjies kan gryshare gee, as hul nie hul maat se spesifieke behoeftes in ag neem nie. Hoeveel intimiteit is die regte hoeveelheid? Wanneer is dit te veel of te min? Kom luister saam en leer meer op hierdie "Truth Thursday" praatjie.
23 Apr 9 min

Maak die gewoontes, routine en rituele in jul verhouding ooit saak?

Natuurlik! Pulane en Madeleen gesels oor hoe gesonde en mooi gewoontes in jou verhouding eie is aan jou en jou maat. Julle roetines maak julle uniek en bring ’n gevoel van veiligheid, waar julle gemaklik voel en julleself kan wees. Dit gee jou ook ’n meetbare maatstaf waarvolgens jy kan…
21 Apr 6 min

Is jy werklik beskikbaar vir jou maat?

Om beskikbaar te wees vir jou maat is meer as net om teenwoordig te wees. Luister ek wanneer hulle praat? Neem ek die tyd om hul hart te verstaan ​​en hulle te ontmoet waar hulle is? Dit is wat dit beteken om werklik beskikbaar te wees, om emosioneel beskikbaar te…
16 Apr 7 min

Is baklei goed vir ek en my maat?

Om te baklei is om te kommunikeer - as ons dit mooi en reg doen - goeie baklei is goeie kommunikasie. Madeleen en Pulane gesels hierdie week oor baklei en konflik in 'n verhouding. Baklei, op die regte manier, is 'n gesonde deel van 'n verhouding. Ons hoef nie bang…
9 Apr 13 min

Vasgevang of verveeld in jou verhouding? Hier is 'n oplossing.

As jy die vonk in jou verhouding lewendig wil hou is dit eintlik eenvoudig - Maak mooi herinneringe saam, maak nuwe herinneringe saam. Madeleen Steenkamp vertel vandag vir Pulane Nel-Sekepe hoe iets so eenvoudig soos dit weer bietjie liefde en lewe in jou verhouding kan kweek.
12 Mar 6 min