
Hoe hanteer ons hartseer en 'n verhouding wat eindig?
Loading player...
Statistiek toon dat 15% van verhoudings 'suksesvol' is, wat beteken dat daar 'n 85% kans is dat 'n verhouding in 'n gebroke hart kan eindig. Dit beteken nie dat ons nie 'n kans op liefde moet waag nie, ons moet, want dit is die mooiste ding. Maar hoe hanteer ons die onvermydelike, die realiteit van deur hartseer loop? Madeleen gee ons praktiese raad oor hoe om hartseer te hanteer, hoe om op 'n gesonde manier aan te beweeg en moedig ons aan om weer 'n kans op liefde te waag.