Sauma gesels oor 23 aansoeke vir hernuwing van sertifikate vir eksplorasie

Loading player...
Sauma sê 23 omgewingsklaringsertifikate moet hernu word vir uraan-eksplorasie in die Stampriet akwifer, en vra die publiek en rolspelers om skriftelik beswaar te maak daarteen. Watermonsters wat tussen 2021 en 2023 geneem is wys dat daar reeds verhoogde vlakke van radioaktiewe besoedeling in die grondwater in verskeie boorgate is. Kosmos 94.1 Nuus het met Wolfi Teichert, vise-voorsitter van Sauma gepraat wat meer inligting gee.
22 Jul 2025 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Naretu se Namib Mills lede staak

Namib Mills se werkers, wat lede van Naretu is, staak tans. Werkers is ontevrede oor verskeie kwessies en volgens berigte wil Namib Mills se bestuur nie daaraan toegee nie. Mills sê op sy beurt eise is buitensporig en nie markverwant nie en het die werkers uitgesluit. Die betoging volg nadat…
12 Jan 2AM 1 min

Powell sê klagtes handel oor rentekoers nie raad se gebou nie

Federale aanklaers het 'n kriminele ondersoek na die voorsitter van die Federale Reserweraad, Jerome Powell, geopen. Powell sê dat die Amerikaanse departement van justisie die agentskap met dagvaardings bedien het en met 'n kriminele aanklag gedreig het oor getuienis wat hy aan 'n Senaatskomitee gelewer het oor opknappings aan die…
12 Jan 2AM 1 min

Kenner reageer op afhanklikheid van kraginvoere

Reaksie word ontvang op berigte dat Namibië in Oktober 2025 slegs 37,8 persent van sy totale vraag na energie kon opwek en moes 62,2 persent, of amper 261 000 megawatt-ure, van die totale krag wat gedurende die maand aan die plaaslike ekonomie verskaf is, invoer. Harald Schütt, plaaslike energie kenner…
12 Jan 1AM 1 min

SAPD behaal groot sukses met vervalste goedere

Die polisie en sy misdaadbestrydingsvennote het tydens landswye operasies gesamentlik beslag gelê op nagemaakte en onwettige goedere ter waarde van meer as 350 miljoen Suid-Afrikaanse rand. Polisiewoordvoerder Amanda van Wyk sê multidissiplinêre operasies tydens Desember 2025 is onderskeidelik in Gauteng, KwaZulu-Natal en die Wes-Kaap uitgevoer. Sy sê nagemaakte en onwettige…
12 Jan 1AM 1 min

SA se matrieks hoor vandag

Graad 12-matriekuitslae word vandag aangekondig en in die lig daarvan vra die Vereniging van Staatsamptenare die 2025-matrikulante, voornemende studente en hul ouers om uiters waaksaam te bly wanneer hulle vir tersiêre onderwys aansoek doen en registreer. Die vereniging se woordvoerder, Claude Naicker, is bekommerd oor die historiese toename in ongeregistreerde…
12 Jan 12AM 1 min