
Naretu se Namib Mills lede staak
Loading player...
Namib Mills se werkers, wat lede van Naretu is, staak tans. Werkers is ontevrede oor verskeie kwessies en volgens berigte wil Namib Mills se bestuur nie daaraan toegee nie. Mills sê op sy beurt eise is buitensporig en nie markverwant nie en het die werkers uitgesluit. Die betoging volg nadat 683 werkers uit 710 gestem het vir daarvoor. Kosmos 94.1 Nuus het met die Naretu sekretaris-generaal, Petersen Kambinda gepraat.

