Namib Mills se werkers, wat lede van Naretu is, staak tans. Werkers is ontevrede oor verskeie kwessies en volgens berigte wil Namib Mills se bestuur nie daaraan toegee nie. Mills sê op sy beurt eise is buitensporig en nie markverwant nie en het die werkers uitgesluit. Die betoging volg nadat…
Federale aanklaers het 'n kriminele ondersoek na die voorsitter van die Federale Reserweraad, Jerome Powell, geopen. Powell sê dat die Amerikaanse departement van justisie die agentskap met dagvaardings bedien het en met 'n kriminele aanklag gedreig het oor getuienis wat hy aan 'n Senaatskomitee gelewer het oor opknappings aan die…
Reaksie word ontvang op berigte dat Namibië in Oktober 2025 slegs 37,8 persent van sy totale vraag na energie kon opwek en moes 62,2 persent, of amper 261 000 megawatt-ure, van die totale krag wat gedurende die maand aan die plaaslike ekonomie verskaf is, invoer. Harald Schütt, plaaslike energie kenner…
Die polisie en sy misdaadbestrydingsvennote het tydens landswye operasies gesamentlik beslag gelê op nagemaakte en onwettige goedere ter waarde van meer as 350 miljoen Suid-Afrikaanse rand. Polisiewoordvoerder Amanda van Wyk sê multidissiplinêre operasies tydens Desember 2025 is onderskeidelik in Gauteng, KwaZulu-Natal en die Wes-Kaap uitgevoer. Sy sê nagemaakte en onwettige…
Graad 12-matriekuitslae word vandag aangekondig en in die lig daarvan vra die Vereniging van Staatsamptenare die 2025-matrikulante, voornemende studente en hul ouers om uiters waaksaam te bly wanneer hulle vir tersiêre onderwys aansoek doen en registreer. Die vereniging se woordvoerder, Claude Naicker, is bekommerd oor die historiese toename in ongeregistreerde…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.