Newskoop Agriskoops (Afrikaans)

Agriskoops (Afrikaans)

Agriskoops, aangebied deur Eddie Goldberg, fokus daagliks op die nuutste ontwikkelinge in die landbousektor – van plaas tot mark. Ons bring jou landbounuus en insiggewende onderhoude met produsente, boere, georganiseerde landbou en ander belangrike rolspelers in die landbousektor. Ons fokus op die uitdagings en geleenthede in die sektor met praktiese inligting, tendense en tegnologie wat die toekoms van boerdery vorm, maar gesels ook op grondvlak met die mense wat die hart van boerdery uitmaak. Luister gerus na Agriskoops – vir jou daaglikse oes van landboukennis.
Daily Afrikaans South Africa Daily News · Nature
84 Episodes
1 – 20

Agriskoops - 9 Maart 2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met Charl van der Merwe. Hy is ʼn ʼn landboukundige van die Vrystaatstreek by Pannar Seed. Hy vertel ons meer van hulle produkte en geleenthede waar boere eerstehands kan beleef hoe hierdie produkte werk.
9 Mar 3AM 4 min

Agriskoops - 6 Maart 2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met Flip de Bruyn van die maatskappy Infoled. Flip is ʼn senior verkoopskonsultant by die maatskappy wat veral fokus op landbou en kommersiële gebruik van sonkrag. Hy vertel meer oor die proses om ʼn sonkragstelsels op jou plaas te installeer, waarvoor jy alles moet…
6 Mar 3AM 5 min

Agriskoops - 5 Maart 2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met Juandre Erasmus. Hy is die besigheids-ontwikkelingsbestuuder by die maatskappy Candi Solar. He gesels met ons oor verskillende sonkrag finansierings opsies vir boere. Hoe hulle boere help in terme van seisoenale kontant vloei en hul bestaande stelsels.
5 Mar 3AM 5 min

Ecoskoops - 5 Maart 2026

In hierdie episode van Ecoskoops gesels ons verder oor water. Ons gaan voort met ons gesprek met Gerhard Cronje, uitvoerende hoof van Maskam Water, oor hoe hul baanbrekende afvalwaterbehandelingstelsels besoedeling skerp kan verminder en volhoubare alternatiewe wateropsies vir huishoudings, plase en hele gemeenskappe kan bied. Van gedesentraliseerde behandeling tot die…
5 Mar 3AM 4 min

Agriskoops - 4 Maart 2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met At van Schalkwyk. Hy is die bemarkingsdirekteur by die maatskappy World Focus Agri. Hy vertel ons meer oor die maatskappy en waarop hulle fokus. Ons vind ook meer uit oor plant energie bestuur.
4 Mar 3AM 4 min

Agriskoops - 3 Maart 2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met Albertus Burger. Hy is betrokke die Suid-Afrikaanse Besproeiingsinstituut (SABI). Hy deel met ons belangrike statistieke en feite oor water en hoekom dit belangrik is dat ons dit bewaar.
3 Mar 2AM 5 min

Agriskoops - 2 Maart 2026

Op vandag se Agriskoops hoor ons van Nantes Kelder. Hy is die projek-koördineerder interkulturele samewerking en verhoudings by AfriForum. Die opkomende boerdery van die Bahurutshe Ba Ga Moiloa-stigting in die Mafikeng-distrik het onlangs hul tweede oes van verskeie soorte groente gehad. AfriForum het verlede jaar die stigting bygestaan met belangrike…
2 Mar 2AM 4 min

Agriskoops - 27 Februarie 2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met Michael Meyer. Hy is die bemarkingsbestuurder by KM Hydraulic Solutions. Hy verduidelik hoe boere begin oorskakel na ʼn hidroulies aangedrewe pomp in die plek van tradisionele toerusting in terme van plaasveiligheid en brandbestryding.
26 Feb 11PM 4 min

Agriskoops - 26 Februarie 2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met Emile van den Berg. Hy is die Nasionale Agronomiebestuurder van Pioneer Seeds in Suid-Afrika. Hy gesels oor innovasie by die maatskappy en hoe dit ʼn toekoms kan verseker vir toekomstige geslagte, in terme van boerdery en voedselsekerheid.
25 Feb 10PM 4 min

Agriskoops - 25 Februarie 2026

Op vandag se Agriskoops luister ons na die uitvoerende hoof van TLU SA, Bennie van Zyl. Hy gesels oor die komplekse verhouding tussen die boer en die natuur, en deel hoekom hy soveel respek vir ons land se boere het.
25 Feb 2AM 3 min

Agriskoops - 24 Februarie 2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met Elsje Schreuder. Sy is deel van die tegniese- en bemarkingspan by Rovensa Next Sub-Sahara Afrika. Rovensa Next is ‘n multi-nasionale maatskappy wat  biologiese oplossings bied vir boere wat meer volhoubaar wil boer. Elsje deel belangrike inligting oor een van hulle produkte wat as…
23 Feb 11PM 4 min

Agriskoops - 23 Februarie 2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met Karla Zietsman. Sy is die Algemene Bestuurder by die Suid-Afrikaanse Varkprodusente-organisasie, SAPPO. Sy vertel meer oor hoe varkvleis veilig gehou word, van die plaas tot op jou bord.
23 Feb 2AM 4 min

Agriskoops - 20 Februarie 2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met die wetenskapleier by CreditNature, Simon Morgan. Hy is ʼn paneellid by volgende week se Green Economy-beraad en gesels oor die belangrikheid en die proses om sekere gebiede weer vry te stel aan wild om sodoende die wêreld se biosekuriteit te bevorder. Hy gee…
19 Feb 9PM 4 min

Agriskoops - 19 Februarie 2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met Emile van den Berg. Hy is die Nasionale Agronomiebestuurder van Pioneer Suid-Afrika en gesels oor die Pioneer belofte. Wat is dit en wat beteken dit spesifiek vir boere?
18 Feb 11PM 3 min

Agriskoops - 18 Februarie 2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met professor Waldo Kruggell, ʼn ekonoom verbonde aan die Noordwes Universiteit. Hy gesels oor lesse wat Suid-Afrika kan leer uit Peru se uitvoere van bloubessies. Wat boere gedoen het aan hulle kant en wat die regering gedoen het in terme van beleid.
18 Feb 3AM 4 min

Agriskoops - 17 Februarie 2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met Elsje Schreuder. Sy is deel van die tegniese- en bemarkingspan by Rovensa Next Sub-Sahara Afrika. Rovensa Next is ‘n multi-nasionale maatskappy wat biologiese oplossings bied vir boere wat meer volhoubaar wil boer. Elsje deel belangrike inligting oor byvoegmiddels vir landbouchemie in die landboubespuitingsproses.
17 Feb 1AM 5 min

Agriskoops - 16 Februarie 2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met die wetenskapleier by CreditNature, Simon Morgan. Hy is ʼn paneellid by die komende Green Economy-beraad wat later hierdie maand aangebied word. Hy gesels oor die belangrikheid en die proses om sekere gebiede weer vry te stel aan wild en woude om sodoende die…
16 Feb 1AM 4 min

Agriskoops - 13 Februarie 2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met die uitvoerende hoof van die landbou organisasie TLU SA, Bennie van Zyl en ook die voorsitter van Saai, doktor Theo de Jager, oor die bek-en-klouseer uitbreking. Ons hoor ook hulle reaksie op die minister van Landbou, John Steenhuisen, se ministeriële aksie taakgroep wat…
13 Feb 12AM 4 min

Agriskoops - 12 Februarie 2026

Op vandag se Agriskoops luister ons na die LUR van Landbou in die Wes-Kaap, Ivan Meyer. Die Departement van Landbou in die Wes-Kaap het verlede naweek tydens ʼn media-inligtingsessie sy planne bekend gemaak om boere in die provinsie teen bek-en-klouseer te beskerm. Dit volg nadat gevalle van die siekte onlangs…
11 Feb 10PM 4 min

Agriskoops - 11 Februarie 2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met Jaco Weideman van Rentech. Hy vertel ons meer oor die gebruik van sonkrag en sonpanele in jou boerdery. Sonpanele kan ʼn dubbele doel dien en nie net vir krag of kostebesparing met elektrisiteit nie. Dit kan ook ingespan word om onder andere gewasse…
10 Feb 10PM 3 min
1 – 20