GROOTfm 90.5 Die Groot Trek

Die Groot Trek

Doepie hou van adrenalien, nuwe uitdagings en om altyd die gek te skeer. Hy is die tipe ou wat die grap in enige gesprek sal raaksien en uitwys maar kan self baie opgewerk raak oor situasies wat mense nie altyd wil aanspreek nie. Hy het tog ‘n sagte hart en sagte plek vir mense. Daar is nooit ‘n ‘dull moment’ saam met Doepie nie en mens is nooit regtig seker wat volgende gaan gebeur nie. Dit waarborg egter dat die #GrootTrek ‘n program is wat jou op die punt van jou stoel gaan hou vir ‘n volle drie ure.

Nina is avontuurlustig, mal daaroor om die wêreld vol te reis en is passievol oor haar familie en vriende. Sy bring die meeste hart saam na elke uur op lug. Vir stories en geselskap wat maak dat jy uit jou maag wil lag, spandeer jou middae saam Nina op die #GROOTtrek.
Weekly Afrikaans South Africa News
543 Episodes
380 – 400

#DieGrootTrek - Dag in die lewe van - Tanya(Reisagent)

Al ooit gewonder hoe jy die beste pryse gaan kry op verbly en vlugte? Tanya van Jennys Travel het kom inloer vir n Dag in die Lewe van 'n reisagent. Sy verduidelik presies hoe die prosesse werk en ook hoekom dit dalk voordelig is om n reisagent te gebruik om…
3 Oct 2022 30 min

#JouGrootKuier - Stefan Jansen

Sopas terug van die buiteland met 'n hele klomp amazing stories kuier Stefan Jansen by ons in die ateljee vandag. Die man het 'n hele paar pragtige akoestiese verwerkings van sy liedjies gebring en het seker gemaak dat luisteraars reg oor die land by sy volgende show wil uitkom.
16 Sep 2022 33 min

#DieGrootTrek - Maak jou perfekte Lente tuin!

JJ Van Rensburg gesels weer met ons oor praktiese wenke om jou tuin reg te kry vir Lente. JJ is n Tuinboukundige en deel sy advies oor alles van grondvoeding tot die regte plante om te plant vir die perfekte tuin!
15 Sep 2022 29 min

#DieGrootTrek - Dag in die lewe van 'n Hoof (Dr. Pierre Edwards)

'n Man wat diep spore getrap het in die onderwys is voormalige Hoof van die Afrikaans Hoër Seunskool in Pretoria, Dr. Pierre Edwards. Nie net was hy 'n kranige rugbyspeler op sy dag nie maar ook die Hoof wat gedurende sy loopbaan Duisende seuns gesien het mans word. Ons vind…
12 Sep 2022 35 min

#JouGrootKuier - Jako Meyer (Moses Metro Man)

Jako kom kuier weer bietjie vir Doepie en Nina op Jou Groot Kuier. Hy vertel ons meer van sy nuwe musiek wat ons binnekort gaan hoor en deel ook die goeie nuus dat sy band Moses Metro Man weer terug bymekaar is en binnekort n vertoning naby jou sal he.
9 Sep 2022 28 min

#DieGrootTrek - Boomplant saam Tshwane Mayor Randall Williams

Vroër die jaar het ons met Mayor Randall Williams gesels oor die toestand van Pretoria en wat die stad besig is om te doen om dinge te verander. Ons het hom ook gevra of hy die jaar gedurende Boomplant maand saam ons n boom sal plant by ons vriende by…
8 Sep 2022 16 min

#DieGrootTrek - Prof. Jonah Choiniere (Dinosaurus)

Met die onlangse ontdekking van die Dinosaurus fossiel in Zimbabwe was dit nodig om te gesels met 'n kenner soos Prof. Jonah oor hoe bedrywig Dinosaurusse in Suid Afrika was in die oertyd. Hy vertel van hoe ryk ons land se geskiedenis is met fossiele en ook navorsing wat in…
6 Sep 2022 30 min

#DieGrootTrek - Dag in die lewe van Kingsley Holgate

'n Dag in die lewe van Kingsley Holgate. Bekend as "Old Grey Beard of Africa" is daar min plekke in Afrika wat Kingsley nog nie gesien het nie. Ons vind meer uit oor sy reise en wat Afrika vir hom so spesiaal maak.
5 Sep 2022 34 min

#JouGrootKuier - Stiaan Reynierse

Die week op Jou Groot Kuier is Stiaan Reynierse saam ons in die ateljee. Nie net het hy almal se asem weggeslaan met sy amazing akoesties optrede nie maar ons geroer met sy persoonlike storie van hoe hy verslawing oorkom het en ook wat die toekoms vir hom inhou.
2 Sep 2022 35 min

#DieGrootTrek - Liezel Van Intiem

Liezel kom gesels oor Huweliksweek en gee ook praktiese wenke wat jy kan gebruik om weer tyd te maak vir jou better helfde en die vonk terug in jou verhouding te kan sit!
1 Sep 2022 29 min

#DieGrootTrek - Liezel Van Der Westhuizen

Better bekend aan haar vriende as "Die Kameelperd" omdat sy so lank is, gesels ons met meida persoonlikheid Liezel Van Der Westhuizen oor haar liefde vir aktief wees en die groot swem wat sy aangepak het in koue waters vanaf Robben Eiland na Bloubergstrand.
30 Aug 2022 32 min

#DieGrootTrek - Oumas deel hulle wysheid

Ons laaste onderhoude vir vrouemaand was met 3 pragtige tannies van Fleurenville Aftree-oord. Al 3 die tannies val in ons oudste kategorie van 80-100 jaar oud en hulle was net te oulik vir woorde. Die wysheid en liefde wat hulle het op hulle ouderdom is aansteeklik!
29 Aug 2022 27 min

#JouGrootKuier - Sonja Harold

As deel van ons Vrouemaand onderhoude het ons besluit om een van Suid-Afrika se mees ikoniese dames in te kry om te kom gesels oor haar lewe en vrouwees. Sonja Harold het nog baie skop en is lank nog nie reg vir ophou sing nie.
26 Aug 2022 28 min

#DieGrootTrek - Grootgeld met Thys van Zyl (Augustus)

Thys van Everest Wealth Management loer elke laaste Donderdag van die maand by ons in om te gesels oor die maand wat verby is se finansies en wat in die markte aangaan. Ons het ook bietjie meer uitgebrei oor hoe jy kan voorsien vir jou aftrede indien jy laat wakker…
25 Aug 2022 27 min

#DieGrootTrek - Ruda Landman vir Vrouemaand

Sy is een van die bekendste dames in media en was vir jare deel van elke Suid-Afrikaner se sondagaand skedule op Carte Blanche. Ruda landman gesels met ons oor haar loopbaan en vrouwees in 'n industry wat op daai stadium deur hoofsaaklik mans gedryf was.
23 Aug 2022 34 min

#JouGrootKuier - Caroline Grace

Die pragtige Caroline Grace het kom kuier op die #groottrek se #jougrootkuier. Gaan laai nou haar nuwe enkelsit #bokswyn af op alle digitale platforms.
19 Aug 2022 28 min

#DieGrootTrek - Stephan De Beer oor Hawelose mense in SA

Stephan is van die Universiteit van Pretoria en is betrokke by organisies wat help om Hawelose en Daklose mense te ondersteun. Die vraag het ontstaan uit n storie wat Nina in die nuus gelees het van "Moet ons vir persone langs die pad geld gee?" en ons vind uit by…
18 Aug 2022 20 min
380 – 400