GROOTfm 90.5 Die Groot Trek

Die Groot Trek

Doepie hou van adrenalien, nuwe uitdagings en om altyd die gek te skeer. Hy is die tipe ou wat die grap in enige gesprek sal raaksien en uitwys maar kan self baie opgewerk raak oor situasies wat mense nie altyd wil aanspreek nie. Hy het tog ‘n sagte hart en sagte plek vir mense. Daar is nooit ‘n ‘dull moment’ saam met Doepie nie en mens is nooit regtig seker wat volgende gaan gebeur nie. Dit waarborg egter dat die #GrootTrek ‘n program is wat jou op die punt van jou stoel gaan hou vir ‘n volle drie ure.

Nina is avontuurlustig, mal daaroor om die wêreld vol te reis en is passievol oor haar familie en vriende. Sy bring die meeste hart saam na elke uur op lug. Vir stories en geselskap wat maak dat jy uit jou maag wil lag, spandeer jou middae saam Nina op die #GROOTtrek.
Weekly Afrikaans South Africa News
543 Episodes
400 – 420

#DieGrootTrek - Claire Johnston (Vrouemaand Gas)

Claire is bekend as die stem van Mango Groove. As deel van ons Vrouemaand onderhoude het ons die kans gevat om met Claire te gesels en vir haar meer te vra oor wat vrouwees vir haar beteken en ook haar loopbaan van 17 jarige sangeres tot nou!
14 Aug 2022 32 min

#JouGrootKuier - Elandre

Die man is bekend vir sy goue stem en hy het dit weer kom bewys as ons gas die week op Jou Groot Kuier. Elandre kom stel sy splinternuwe liedjie "Lieflik" ook voor op Die Groot Trek.
12 Aug 2022 31 min

#DieGrootTrek - Emma Van Der Walt (Brave To Love)

Emma doen ongelooflike werk deur uit te gaan en meisies wat opgevang word in prostitusie en slawerny met behulp van die SAPS en ander veiligheids dienste uit hulle situasie te gaan haal en berading te voorsien. Sy het n paar stories vertel wat ons hare laat regop staan het.
11 Aug 2022 29 min

#DieGroot trek - Burgert Gildenhuys (Stads- en Streeksbeplanner)

Ons almal wonder hoe ons stede aanmekaar gesit word, wie besluit waar die volgende inkopiesentrum gaan wees en hoeveel skole en hospitale ons moet hê. Vandag gesels Burgert met ons om te verduidelik presies wat in die tipe beplanning in gaan en wat n Stads en streeksbeplanner eintlik doen.
8 Aug 2022 32 min

#JouGrootKuier - Rooksein

Die kerels van Rooksein kom bederf ons met 'n paar lekker akoestiese nommertjies in die ateljee en ons gesels ook meer oor hulle loopbane sover en wat in die toekoms wag vir die groep!
5 Aug 2022 32 min

#DieGrootTrek - Mia Spies van WiesNuus

Mia Spies is n bekwame joernalis met baie ervaring in die uitsaaiwese. Ons gesels met haar oor die uitdagings wat joernaliste daagliks beleef en ook waaroor WiesNuus gaan en wat dit anders maak as ander nuus programme op TV.
4 Aug 2022 34 min

#DieGrootTrek - Luisteraars gesels met Doepie & Nina

Ons kry te min tyd om werklik met ons luisteraars te gesels in persoon so Doepie & Nina het bietjie opgevang met 'n paar mense en gehoor wie hulle is en waar vandaan hulle kom. Ruan luister uit Amerika en het n baie mooi storie.
2 Aug 2022 16 min

#DieGrootTrek - Mage Troskie & Megan Kruger (Vrouemaand)

Vir die maand van Augustus gesels ons met inspirerende dames uit verskillende dekades oor vrou wees. Ons eerste gaste is twee jong dames, Mage Troskie wat verlede jaar hoofmeisie was by Oranje Meisies en Megan Kruger die huidige hoofmeisie van Afrikaans Hoër Meisieskool. Die twee het tot ons ouers dames…
1 Aug 2022 33 min

#JouGrootKuier - Neil Somers

Neil kom bederf ons met akoestiese weergawes van sy nuutste liedjies en het ook sy splinternuwe enkelsnit "Neonlig Nagdans" bekend kom stel en ons die voorreg gegee om dit vir die heel eerste keer ooit op radio te speel.
29 Jul 2022 32 min

#DieGrootTrek - Thys Van Zyl van Everest Wealth

Dis weer tyd vir Thys van Zyl van Everest Wealth om te kom inloer in vir ons te vertel wat gebeur het in die finansiele wereld oor die laaste maand. Ons vind ook meer uit oor die rentekoers aanpassing en wat dit beteken vir die man op die straat.
28 Jul 2022 30 min

#DieGrootTrek - Arnold Vosloo oor sy nuwe reeks Ludik

Die talentvolle Arnold Vosloo het gekuier by Doepie & Nina. Die Hollywood akteur is tans in Suid Afrika om sy nuwe Afrikaanse Netflix reeks "Ludik" te bemark. Arnold gee vir ons 'n bietjie insig oor hoe hy in hollywood beland het en ons loer ook in by sy mede Suid-Afrikaanse…
26 Jul 2022 40 min

#JouGrootKuier - Bernice West

Die super talentvolle Bernice West kom kuier saam ons in die ateljee vandag met n paar akoestiese weergawes van haar gewildste liedjies en sy het ook n spesiale "Mashup" vir ons gebring wat jou asem weg sal slaan.
22 Jul 2022 32 min

#DieGrootTrek - Ian Cameron (Action Society SA)

Ons almal het die video gesien op sosiale media waar Minister van Polisie Bheki Cele vir Action Society SA se Ian Cameron uit die saal uit jaag. Ons gesels met Ian om te hoor wat presies die storie daar was en ook wat die werk van Action Society SA is.
19 Jul 2022 29 min

#JouGrootKuier - DroomSindroom

Die sosiale media sensasie en huidige nommer 1 op die Groot20, DroomSindroom kuier die week in die ateljee vir Jou Groot Kuier.
15 Jul 2022 34 min

#JouGrootKuier - Janie Bay

Die super talentvolle Janie Bay kuier by Doepie en Nina vir Jou Groot Kuier. Sy bederf ons met 'n paar akoestiese weergawes van haar liedjies en n cover van Post Malone se circles.
8 Jul 2022 35 min
400 – 420