GROOTfm 90.5 Die Groot Trek

Die Groot Trek

Doepie hou van adrenalien, nuwe uitdagings en om altyd die gek te skeer. Hy is die tipe ou wat die grap in enige gesprek sal raaksien en uitwys maar kan self baie opgewerk raak oor situasies wat mense nie altyd wil aanspreek nie. Hy het tog ‘n sagte hart en sagte plek vir mense. Daar is nooit ‘n ‘dull moment’ saam met Doepie nie en mens is nooit regtig seker wat volgende gaan gebeur nie. Dit waarborg egter dat die #GrootTrek ‘n program is wat jou op die punt van jou stoel gaan hou vir ‘n volle drie ure.

Nina is avontuurlustig, mal daaroor om die wêreld vol te reis en is passievol oor haar familie en vriende. Sy bring die meeste hart saam na elke uur op lug. Vir stories en geselskap wat maak dat jy uit jou maag wil lag, spandeer jou middae saam Nina op die #GROOTtrek.
Weekly Afrikaans South Africa News
540 Episodes
1 – 20

#DieGrootTrek - Andrea vind die Here in Pollsmoor

Andrea Hendricks het baie trauma beleef as n jong meisie. Dit het later in haar lewe eers uitgekom. Weens omstandighede en die verkeerde vriende raak sy toe deurmekaar met dwelms en word toegesluit in Pollsmoor. Dit is waar haar lewe verander het. Sy deel haar storie.
12 Aug 25 min

#DieGrootTrek - Magnolia se nuwe baadjie

Janet du Preez en Lydia Maree van Magnolia Masekhane asook Bernard Hanekom van City of Tshwane, Direkteur van CUP (Community Upliftment Projects), het kom gesels op die GrootTrek saam met Doepie en Nina. Die twee dames het begin om Magnolia Dell weer mooi te maak en nooi die gemeenskap uit…
12 Aug 20 min

#DieGrootTrek - Die Brug Seisoen 2 Wenner

Die wenner van Die Brug, Seisoen 2, Hirome Shigeaki, het kom kuier op die GrootTrek by Doepie en Nina. Hy gesels oor alles van sy verlede...tatiek, tot vriendskap, die geld wat hy gewen en gedeel het.
8 Aug 29 min

#DieGrrootTrek - Brendan Peyper (Rooivlag)

Brendan Peyper kom kuier saam met Doepie en Nina op die GrootTrek. Hy sing sy nuutste enkelsnit, Rooi Vlag, akkoesties en deel sy hart oor die storms wat die afgelope 2 jaar om hom woed... Hy gee ook vir ons 'n ekslusiewe kykie na 'n liedjie wat nog nooit voorheen…
5 Aug 27 min

#DieGrootTrek - Valskermbateljon Verhale

Samestellers van die boek, Valskerm Bateljon, Mike Bolhuis en Lieb Liebenberg het kom kuier by Doepie en Nina om te gesels oor 'n paar van die staaltjies en wat dit vir die manne beteken.
4 Aug 20 min

#DieGroottrek - Govan Whittles

Bekroonde Joernalis, Govan Whittles, kom kuier by Doepie en Nina en gesels oor sy nuuste program op kykNET, Govan Ontbloot, en deel ook van sy ervaringe agter die Carte Blanche kameras.
28 Jul 25 min

#DieGrootTrek - Snotkop

Snotkop het kom inloer by Doepie & Nina vandag om bietjie te gesels oor sy tuiste in Natal en ook hoekom hy so lief is daarvaar om die tannies nou en dan warm onder die kraag te maak met sy musiek.
25 Jul 21 min

#DieGrootTrek - Chris Burgess (Oplossings vir die Platteland)

Landbouweekblad redakteur, Chris Burgess, gesels met Doepie en Nina oor sy nuwe driedelige dokumentêre reeks, Oplossings vir die Platteland. Die kykNET-reeks vertel inspirerende stories waar gewone Suid Afrikaners, moeilike omstandighede in hoop omskep.
24 Jul 17 min

#DieGrootTrek - Sensasie kom remix die GrootTrek

Chris Knoesen beter bekend as Dj Chris Sen en deesdae "Sensasie" is die man agter al die lekker mixes van bekende ou afrikaanse liedjies. Hy kom loer in en kuier bietjie saam en vertel ons waar sy idee vir die afrikaanse mixes vandaan gekom het.
22 Jul 24 min

#DieGrootTrek - Deep Blue boek deur Verushka De Vita

Doepie en Nina gesels met skrywer, Verushka De Vita, oor haar liefdesbrief aan die oseaan, Deep Blue. Hulle praat oor alles van Free Dive, swem in antarktika en hoekom swem en water goed is vir jou gemoed.
8 Jul 24 min

#DieGrootTrek - Bernice West

Die lieflike Bernice West het kom kuier om bietjie te gesels oor haar nuwe lewe as jong mamma. Sy vertel ons ook van nuwe musiek en Doepie en Sonet deel bietjie lekker advies met haar.
3 Jul 20 min
1 – 20