100.5FM Radio Laeveld 100.5fm Nuus Klankgreep
1,803 Episodes
720 – 740

Sperdatum al nader vir Kuns Inni Liedjiebos

‘n Splinternuwe inisiatief van Innibos nooi die publiek uit om gedigte te skryf wat dan deur professionele musikante en kunstenaars in liedjies of kundwerke omskep sal word wat tydens diue fees in Junie ten toon gestel sal word. Die tema is: Vars, vernuwe, groei en gelukkig. Die sluitingsdatum vir gedigte…
19 Apr 2023 6AM 1 min

Groot skoonmaakaksie in Mbombela Vrydag

'n Groot skoonmaakaksie word Vrydag weer gehou in die middedorp en ingangsroetes na Nelspruit. Dit word deur Ehlanzeni-distriksmunisipaliteit gedryf met die Kruger-Laeveld-sakekamer wat dit koördineer. Linda Grimbeek van die KLCBT sê alle inwoners is genooi om hand by te sit.
19 Apr 2023 6AM 1 min

Alles gereed vir Elands-marathon Saterdag

Alles is in plek vir die TRAC N4 Elands-marathon hierdie Saterdag. Meer as 1-duisend-700 deelnemers het reeds ingeskryf. Die skilderagtige roete vir die 42-kilometer begin by Laerskool Oosterlijn in Waterval Boven en eindig by die Sappi-opleidingsentrum in Ngodwana. Solange Soares, kommunikasiebestuurder van TRAC, sê dit word beskou as die vinnigste…
18 Apr 2023 8AM 1 min

Munisipale wetstoepasser bly vir eers in aanhouding vir beweerde moord

Die munisipale wetstoepasser wat Saterdagaand na bewering ‘n provinsiale verkeersbeampte by Kwanyoni Lodge buite Mbombela met sy dienspistool doodgeskiet het, verskyn Vrydag weer in die Nelspruit-landdroshof op ‘n aanklag van moord. Volgens die Valke was die 34-jarige Thomsanga Nkosi saam met Abednigo Desmond Mbuyane se vrou in ‘n chalet toe…
18 Apr 2023 2AM 1 min

Munisipale werker wat verkeersbeampte doodskiet verskyn vandag in die Nelspruit-hof

Die munisipale werker wat Saterdagaand na bewering ‘n provinsiale verkeersbeampte by Kwanyoni Lodge doodgeskiet het, verskyn vandag in die Nelspruit-landdroshof. Volgens die Valke was die verkeersbeampte saam met die aanvaller se vrou in ‘n chalet by die lodge toe haar man hom met sy dienspistool doodgeskiet hiet. Volgens die woordvoerder…
17 Apr 2023 2AM 1 min

LUR betreur moord op provinsiale verkeersbeampte

Die munisipale werker wat Saterdag aand na bewering ‘n provinsiale verkeersbeampte by Kwanyoni Lodge met sy dienspistool doodgeskiet het, verskyn vandag in die Nelspruit-landdroshof. Die LUR vir gemeenskapsveiligheid, Vusi Shongwe, het by monde van sy woordvoerder, Moeti Mmusi, sy medelye met die familie betuig.
17 Apr 2023 2AM 1 min

TRAC gereed vir besige Paasnaweek

TRAC verwag verkeersvolumes op die N4 om beduidend te verhoog tussen Gauteng, Mpumalanga en Maputo hierdie Paasfees. Verwagte piektye is Donderdag vanaf 11-uur, sowel as Vrydag en Maandag heeldag. TRAC se bewusmakingsveldtog oor padveiligheid asook hul vinnige reaksie is van Donderdag tot Dinsdag in plek. Kommunikasiebestuurder, Solange Soares, sê reisigers…
4 Apr 2023 6AM 1 min

Polisiebeampte deur vermeende dieseldiewe doodgeskiet

‘n Lid van die polisie se misdaadintelligensie-eenheid in Middelburg is doodgeskiet en sy kollega gewond toe hulle gereageer het op inligting rakende die diefstal van diesel by ‘n myn. Volgens woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, kaptein Dineo Sekgotodi, het die beampte en sy kollega van die Middelburg-speurdiens in die…
4 Apr 2023 4AM 1 min

Weduwee van vermoorde hoofman in haar huis doodgeskiet

Die weduwee van die vermoorde hoofman van die Mnisi-stam is in die vroeë oggendure in haar huis in Calcutta doodgeskiet deur. Volgens die polisie is Charlene Felicity Mathews verskeie kere in die kop getref. Twee manlike familielede is ook gewond. Mathews se man, Clyde Mnisi, is op 26 Maart naby…
4 Apr 2023 4AM 1 min

Weduwee van vermeende renosterstroper doodgeskiet

Die weduwee van die vermoorde hoofman van die Mnisi-stam in Bosbokrand is in die vroeë oggendure in haar huis in Calcutta doodgeskiet. Volgens die polisie is Charlene Felicity Mathews (30) verskeie kere in die kop getref. Twee manlike familielede is ook gewond.
4 Apr 2023 4AM 1 min

We Care 4 Nelspruit glo deur munisipalte werkers gedreig

TJ Maré van We Care for Nelspruit voer aan dat werknemers van Mbombela-munisipaliteit vanoggend sy werkspanne se lewens gedreig het, omdat hulle kwansuis hulle hul werk kos. Die spanne is oudergewoonte besig om 'n middelman in die stad netjies te maak. Maré was nie teenwoordig nie. Volgens hom het sy…
3 Apr 2023 6AM 1 min

Polisiekaptein vas vir dagga-handel

‘n Polisiebeampte verskyn vandag in die hof in Sabie op aanklagte van handel in dagga. Volgens die polisie is hy Vrydag aangekeer toe sekuriteitswagte op patrollie ‘n polisievoertuig in ‘n plantasie opgemerk het. Die polisiekaptein en ‘n man in ‘n polisie-oorpak was in besit van meer as 22-kilogram se dagga…
3 Apr 2023 1AM 1 min

SANParke stel eerste vrou aan as hoof uitvoerende beampte

SANParke het die aanstelling van die eerste vrou as die organisasie se hoof uitvoerende beampte aangekondig. Hapiloe Sello het in 2015 by SANParke aangesluit as bestuurshoof van toerisme-ontwikkeling en bemarking waar sy kommersialisering-strategieë geïmplementeer het. Sy het tussen Junie en November 2022 as hoof uitvoerende beampte waargeneem. Volgens Pam Yako,…
31 Mar 2023 6AM 1 min

Inskrywings vir Elands sluit Maandag

Inskrywings vir die TRACN4 Elands-marathon sluit Maandag. Vanjaar bied hulle ook ‘n voorwedloop ekspo aan, ‘n eerste vir ‘n padwedloop in die provinsie. Die Elands-marathon word beskou as die skilderagtigste en vinnigste kwalifiserende wedloop vir die Comrades en vind op 22 April plaas. Die voorwedloop ekspo is op 21 April…
31 Mar 2023 3AM 1 min

Polisie vra kalmte ná dodelike taxi-geweld in Oakley

‘n Taxibestuurder is dood en drie mense gewond in taxi-geweld in Oakley naby Bosbokrand. Volgens die polisie het 'n geskil tussen lede van taxi-verenigings tot die beweerde kruisvuur gelei. Die 41-jarige July Shabangu is geskiet en het in die Matikwana-hospitaal aan sy wonde beswyk. Twee ander taxi-bestuurders en 'n burgerlike…
30 Mar 2023 4AM 1 min

Ongeluk eis vier op die N4

Vier mense, waaronder ‘n kind van ongeveer twee jaar oud, is gisteraand dood in ‘n botsing op die N4 naby Witbank. Volgens die woordvoerder van die Departement van Gemeenskapsveiligheid, Moeti Mmusi, het dit om ongeveer 7-uur plaasgevind toe die bestuurder van ‘n sedan beheer verloor het en in aankomende verkeer…
30 Mar 2023 3AM 1 min

DA betuig ook medelye na moord op hoofman

Die DA in Mpumalanga het sy medelye betuig aan die Mnisi-stam in Bosbokrand na die sluipmoord op die hoofman, Clyde Mnisi, Sondagaand. Partylid Trudie Grovè-Morgan sê hy was bekend daarvoor dat hy sy lewe aan die diens van sy mense gewy het. Sy sê hulle hoop sy moordenaars word spoedig…
29 Mar 2023 8AM 1 min
720 – 740