Ses mense is dood in groepsgeweld in Kabokweni

Loading player...
Die polisie in Mpumalanga het ‘n pleidooi gerig aan gemeenskappe om nie die reg in eie hande te neem nie. Dit volg op die dood van ses mense in Kabokweni, na vermoede deur groepsgeweld. Drie mense, wat moontlik verdagtes was in ‘n gewapende roof, is Vrydag aangerand en hul huis afgebrand. Hulle het aan hul beserings beswyk. Twee ander mans is in ‘n afsonderlike voorval dood. Die liggaam van die sesde slagoffer is dieselfde dag in ‘n bebosde area ontdek. Polisiewoordvoerder, brigadier Selvy Mohlala, sê slegs twee slagoffers is tot dusver uitgeken.
24 Apr 2023 2AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min