DA gaan Menseregtekommisie toe oor Witrivier se water

Loading player...
Die DA sê hulle gaan die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie vra om by die waterkrisisse in dele van die provinsie in te gryp.
Trudie Grovè-Morgan sê verskeie munisipaliteite het geen alternatiewe kragopwekking by pompstasies nie en tesame met verouderde infrastruktuur laat dit inwoners vir dae aaneen sonder water.
Sy sê inwoners van Witrivier het nou al vir vyf maande nie ‘n stabiele watertoevoer nie.
Sy wys daarop dat beurtkrag nie oornag ingestel is nie, en dat plaaslike owerhede met langtermyn oplossings vorendag moet kom omdat toegang tot water ‘n basiese reg is.
27 Apr 2023 3AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min