Voormalige Eskom-werknemer tronk toe vir bedrog

Loading player...
‘n Voormalige administrasieklerk by Eskom is tot effektief 10 jaar tronkstraf gevonnis vir bedrog, korrupsie en geldwassery in die gespesialiseerde hof vir kommersiële misdade in Mbombela. Nwabisa Ngxola het saam met twee medebeskuldigdes gewerk om vervalste fakture te verwerk vir dienste wat nie aan Eskom gelewer is nie. Chimanzi Investments het so 2,6-miljoen-Rand bekom. Die direkteur, Micheal Chimanzi, is op 1 Maart gevonnis tot agt jaar, wat opgeskort is vir vyf jaar. Hul medebeskuldigde, Cinderella Moropane, se saak kom weer 17 Mei voor die hof. Valke-woordvoerder, Kaptein Dineo Sekgotodi:
4 May 2023 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min