Valke waarsku staatsamptenare oor vals ondersoeke teen hulle

Loading player...
Die Valke in Mpumalanga waarsku die publiek teen mense wat hulself as polisiebeamptes voordoen en staatsamptenare teiken. Volgens die woordvoerder, Kaptein Dineo Sekgotodi, toon hulle vervalste dokumente met ‘n Valke-briefhoof waarvolgens ‘n lasbrief vir die slagoffer se inhegtenisname uitgereik is weens beweerde bedrog, wan-administrasie of diefstal. Hulle eis dan omkoopgeld om die nie-bestaande ondersoeke te laat verdwyn. Enige slagoffers is gevra om dit dadelik by die polisie aan te meld.
4 May 2023 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min