Politieke ontleder dr. Ndumba Kamwanyah sê regeringsbeloftes om ekonomiese kwessies in die land te takel, is al praatjies sedert wyle stigterspresident Sam Nujoma bewind. Kamwanyah het reageer op president Netumbo Nandi-Ndaitwah se uitlatings die naweek dat sy drie taakspanne gaan aanwys om die land se ekonomiese-, behuisings- en gesondheidsuitdagings te…
Die justisie en arbeid-minister, Wise Immanuel, sê alle regeringsbeleide en -projekte sal binnekort impakassesserings vir werkgeleenthede ondergaan om te meet hoe dit werkskepping en ordentlike werk beïnvloed. Immanuel het tydens 'n belanghebber-vergadering gesê die nuwe benadering sal verseker dat besluite deur betroubare data gelei word en inklusiewe, billike en volhoubare…
Suid-Afrika se kaptein, Laura Wolvaardt, sê sy is baie trots op die span se vertoning in die Eendagreeks-Wêreldbeker vir vroue. Wolvaardt se onverskrokke 101 was egter verniet en die Protea-vroue het met 52 lopies teen Indië verloor in die eindstryd in Mumbai. Die Indiese vrouespan het met hul derde poging…
President Netumbo Nandi-Ndaitwah gaan drie taakspanne aanwys om die land se ekonomiese-, behuisings- en gesondheidsuitdagings te takel, het sy Saterdag tydens die opening van die sake-ekspo op Helao Nafidi in Ohangwena gesê. Die regering en die private sektor moet die kwessies saam aanpak, sê sy.
Rundu se finansiële probleme vererger, met die dorp se skuld wat nou op 'n verstommende 588 miljoen Namibiese dollar staan. Uitvoerende hoof, Olavi Nathanael, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die bedrag elke jaar met byna 100 miljoen Namibiese dollar groei omdat inwoners steeds hul munisipale betalings verwaarloos. Hy…
Die sekretaris-generaal van die ANC Fikile Mbalula het wetstoepassingsagentskappe aangemoedig om vinnig op te tree en mense te arresteer as daar bewyse is en nie te wag vir die Madlanga-kommissie om klaar te maak nie. Mbalula se standpunt verskil van die ANC se siening in Julie toe die regsproses beklemtoon…
Mej. Namibië Johanna Swartbooi het na Thailand vertrek om haar land by die Mej. Heelal-kompetisie te verteenwoordig, wat vandag begin en tot 21 November duur. Die 28-jarige model het kort voor haar vertrek haar verwagtinge en met die NBC gedeel:
Die minister van justisie en grondwetlike ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, sê die regering hersien die uitspraak van die Hooggeregshof in Lilongwe, Malawi, rakende die uitlewering van pastoor Shepherd en Mary Bushiri aan Suid-Afrika. Die Bushiri's het in 2020 uit Suid-Afrika gevlug terwyl hulle op borgtog uit was vir bedrog en geldwassery…
President Netumbo Nandi-Ndaitwah sê toenemende konflik tussen plaaslike owerhede en inwoners is kommerwekkend en belemmer dienslewering. Tydens haar toespraak Saterdag by die opening van die sake-ekspo op Helao Nafidi in Ohangwena, het die president ‘n beroep op samewerking tussen al die belangehebbers gedoen.
Die 2025 Agra Speenkalfkampioenskapreeks het in styl afgesluit met 'n gala-geleentheid wat Namibië se top speenkalfprodusente en landbouvennote gevier het. Die reeks, wat oor 14 liggings en meer as 9 000 km strek, het meer as 9 000 speenkalwers ten toon gestel, wat uitnemendheid en innovasie in die land se…
Die Hooggeregshof in Pretoria het bevind Nersa se proses om munisipale elektrisiteitstariewe goed te keur, is ongrondwetlik. Die hof het beslis Nersa het versuim om behoorlike kostebepalings te doen en openbaredeelname-prosesse te volg. AfriForum het die saak met koste gewen en nuwe sperdatums vir openbare deelname verseker voor tariewe goedgekeur…
Namibië se paspoort het tot die 62ste plek op die 2025 Henley Paspoortindeks geklim, en is steeds vyfde in Afrika vir globale mobiliteit. Die indeks kyk na die aantal lande wat inwoners visumvry kan besoek, in Namibië se geval 81, maar het die onbedoelde uitwerking dat 'n goeie telling ook…
Die familie van wyle Virginia Giuffre wat koning Charles se broer, Andrew, van seksuele misbruik beskuldig het, het ‘n beroep op koning Charles gedoen om druk op Amerikaanse president Donald Trump te plaas om die sogenaamde “Epstein files” openbaar te maak. Giuffre se broer, Sky Roberts, het die koning se…
Die departement van internasionale betrekkinge en samewerking sê bewerings van 'n sogenaamde wit volksmoord in Suid-Afrika is ongegrond en polities-gemotiveerd. Dit volg op berigte dat die Trump-administrasie beplan om wit Afrikaners voorkeur te gee vir vlugtelingstatus in Amerika. Die departement se woordvoerder, Chrispin Phiri, sê dit stel die land se…
Werkskepping in Namibië gaan nie net oor die hoeveelheid werksgeleenthede nie, maar ook oor die gehalte daarvan, sê arbeidsminister Wise Immanuel. Immanuel het Vrydag tydens ‘n bespreking oor die implementering van die Internasionale Arbeidsorganisasie se raamwerk vir die bepaling van die impak van werksgeleenthede in Windhoek, die volgende gesê:
‘n Gewapende roof in Hochlandpark was maar net een van die voorvalle wat die polisie tydens Vrydagaand se Copps 94.1-skof moes hanteer. Minstens vier mans het die inwoners met vuurwapens en skerp voorwerpe aangehou en waardevolle items gesteel. Kosmos 94.1 se Francois Lottering was op die toneel en doen verslag:
MTC en Erongo Red het amptelik die Erongo Red-toep bekendgestel. Die toep stel Erongo Red-kliënte in staat om hul elektrisiteitsdienste maklik te bestuur, rekeninginligting na te gaan en noodsaaklike transaksies uit te voer. Kosmos 94.1 Nuus het met MTC-woordvoerder Erasmus Nekundi gepraat wat sê die toepassing is daarop gemik om…
Die Cape Independence Party sê Kaapstad het ʼn rioolkrisis wat dringend hanteer moet word. Meer as 40-miljoen liter onverwerkte riool word daagliks in die Atlantiese Oseaan gestort deur uitlaatpunte by Groenpunt, Kampsbaai en Houtbaai. Karl Bodin van die party sê hierdie toksiese stortvloed vergiftig strande, bedreig die seelewe en ondermyn…
31 Oct 10AM
1 min
1180 – 1200
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.