
Beleggingskaart sal streeksekonomië bou, euwels hokslaan
Loading player...
Ohangwena-goewerneur Kadiva Hamutumwa sê die nuut bekendgestelde beleggingskaart van 700 miljoen Namibiese dollar is daarop gemik om jeugwerkloosheid, armoede en toenemende sosiale euwels soos geslagsgebaseerde geweld aan te pak deur 'n selfonderhoudende plaaslike ekonomie te bou. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus sê Hamutumwa die bevordering van plaaslike entrepreneurskap en die koppeling van plaaslike besighede met beleggers sal die streek hervorm:

