
Mense het goeie rede tot kommer oor KI - Altman
Loading player...
OpenAI se uitvoerende hoof, Sam Altman, sê die wêreld moet kunsmatige-intelligensiemaatskappye vertrou om die regte ding te doen omdat hulle die druk voel om verantwoordelik op te tree. Daar was die afgelope tyd toenemend kommer oor die tegnologie se moontlike gevare, en Anthropic se hoof, Dario Amodei, doen ʼn beroep dat alle KI-ontwikkeling verlangsaam word, terwyl hy regerings aanmoedig om die bedryf te reguleer. Altman het by ʼn konferensie in San Francisco erken mense het goeie rede om die gevare wat kunsmatige intelligensie inhou, te vrees:

