
Kanada spits hom op die EU
Loading player...
Eerste minister Mark Carney sê Kanada wil ʼn uitsonderlike ekonomiese en veiligheidsalliansie met die Europese Unie aangaan. Ottawa wil sy ekonomiese afhanklikheid van die VSA verminder nadat die handelsoorlog tussen dié twee lande die afgelope maand verskerp het. Sedert handelsgesprekke verlede maand skielik ineengestort het, probeer die twee lande mekaar, wat tariewe betref, in gelyke munt terugbetaal. Handel in goedere en dienste tussen die EU en Kanada het sedert 2016 met 80-persent gestyg. Carney sê meer as 8 triljoen Namibiese dollar se nuwe beleggings is aan Kanada beloof:

