
Amushelelo wil weet waar is NamPol met misdaad teen Namibiërs
Loading player...
Die aktivis Michael Amushelelo beskuldig NamPol daarvan dat hy misdade teen buitelandse toeriste voorrang gee bo Namibiese kinders se onopgeloste moorde. Amushelelo verwys na die vinnige arrestasie, dieselfde dag nog, van drie verdagtes wat twee Amerikaanse toeriste in Otjiwarongo beroof het. Dit, teenoor die moorde op Ingrid Maasdorp, Roswinds Fabianu en Beyoncé !Kharuxas in Okahandja, waar geen arrestasies nog gemaak is nie. In 'n gesprek met Kosmos 94.1 Nuus pleit Amushelelo vir gelyke ondersoekhulpbronne en dringendheid:

