
SAPD loof R400 000-beloning uit na 8 lyke gevind is
Loading player...
Die polisie het nog 'n liggaam in Ekurhuleni gevind, wat die totaal vroueliggame wat die afgelope twee maande in die metro ontdek is, op agt te staan bring. Die ministerie van Polisie het 'n beloning van 400 000 Suid-Afrikaanse rand uitgeloof vir inligting wat tot inhegtenisnemings kan lei. Die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, sê die moorde op die agt vroue is onaanvaarbaar en het die betrokke families en die publiek verseker dat alles in die stryd gewerp sal word om die skuldiges voor die gereg te bring:

