Sanders en Trump bondgenoot Bannon vra vir KI regulasie

Loading player...
Steve Bannon, een van president Donald Trump se vroegste raadgewers, en onafhanklike senator Bernie Sanders het albei Dinsdag by 'n byeenkoms aangedring op veiligheidsbeperkings vir kunsmatige intelligensie. Hulle het saam met 'n tweeparty-groep Kongreslede by die "Pro-Human Assembly" in Washington, DC verskyn. Hulle vra vir 'n mensgesentreerde benadering tot die ontwikkeling van KI-tegnologie, en is skepties oor die maatskappye wat die bedryf lei. Sanders het na die tyd met CBS News gepraat:
15 Sep 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Hill-Lewis vra beter wetstoepassing met Ekurhuleni-moorde

DA-leier Geordin Hill-Lewis sê die ontdekking van sewe vroue se liggame in Ekurhuleni, Gauteng, sedert Julie toon die behoefte aan strenger optrede teen geweldsmisdaad. Hy sê die regering moet ondersoeke verskerp en verseker die skuldiges word aan die man gebring. Hill-Lewis vra groter sigbare wetstoepassing, beter beligting en waarneming, en…
15 Sep 11PM 1 min

Stem vir kleiner partye nie verlore: Bosa

Suid-Afrika vier vandag Internasionale Dag van Demokrasie en Build One South Africa sê 50-dae voor die plaaslike regeringsverkiesing 'n stem vir 'n kleiner party is nie 'n verlore stem nie. Graham Charters van die party sê gevestigde partye baat by die wanopvatting dat slegs hulle 'n werklike kans staan om…
15 Sep 11AM 1 min

Spreek foute met staatstoelaes dringend aan: kampvegters

Gestremdheidsregte kampvegters in die Kharas-streek doen 'n beroep op die regering om administratiewe foute wat begunstigdes se maandelikse toelaas affekteer so dringend moontlik aan te spreek. Dit, nadat sommige begunstigdes uitgesluit is van die onlangse verhoging van die staatstoelae van 100 Namibiese dollar. Die voorsitter van die People's Revolution Association,…
15 Sep 11AM 1 min

Nasionale jeugdiens vir almal verg deeglike beplanning

Die instelling van 'n verpligte nasionale jeugdiens, veral vir skoolverlaters, blyk om daagliks toenemende steun te kry. Arbeidsdeskundige Herbert Jauch het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en sê hoewel die idee prysenswaardig is, enige stap in die rigting van verpligte diens deeglike openbare konsultasie, beleidsaanpassings en wetgewende prosesse vereis.
15 Sep 10AM 1 min