100.5FM Radio Laeveld 100.5FM Radio Laeveld LUISTER WEER

100.5FM Radio Laeveld LUISTER WEER

As dit op 100.5FM Radio Laeveld in Mpumalanga was kan jy dit hier op jou gemak weer luister.
Occasionally Afrikaans South Africa Music · News
1,268 Episodes
60 – 80

Ontmoet die passie agter Lowveld Nuts

Lowveld Nuts hou op 16 Oktober 'n opedag. Hermann Hohls vertel vir Sonop Ontbyt meer oor hul gevorderde tegnologie wat 'n nuwe standaard in makadamia-verwerking stel met hul wêreldklas-fasiliteite.
9 Oct 9 min

Damprook net so sleg soos rook sê kenner

Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê e-sigarette dryf 'n ontstellende nuwe golf van nikotienverslawing aan, met miljoene kinders wat verslaaf is aan damprook. Die VN se gesondheidsagentskap sê die bedryf bevorder damprook as minder skadelik as sigarette, maar in werklikheid teiken hulle jongmense met kinders wat verslaaf raak. Sis. Juandré Watson van die…
9 Oct 14 min

Charles Gentle te sien by Vlammiefees

Radio Laeveld se eie Charles Gentle is een van die kunstenaars wat Saterdag optree by Hoërskool Bergvlam se Vlammiefees om die skool se 50ste bestaanjaar te vier.
3 Oct 6 min

Wheels of Hope besoek die Laeveld

Matthew 'Bushy' McKelvey en Dave Malherbe het reeds 5 000 km afgelê as deel van Wheels of Hope om bewusmaking te skep oor die lewe na 'n ledemaat geamputeer word.
3 Oct 5 min

White River Wander wil dorp as toeristebestemming groei

Lucille De Villiers en Venessa Mc Taggart het onlangs twee weke in Brasilië en Argentinië spandeer en meer as 80 reisagente en toeroperateurs ontmoet om Witrivier as 'n toeristebestemming te bemark. Hulle vertel wat is volgende vir White River Wander.
2 Oct 15 min

KANSA Car Sit In goed ondersteun

Vier mense het die naweek 24 uur in 'n voertuig spandeer om fondse in te samel vir KANSA Laeveld. Rinella Jansen van Vuuren gesels met Coenie (wat een van die vier mense was) oor hoe hulle hul doelwit oortref het.
30 Sep 7 min

She Rise Gala-aand vereer vroue in sake

Die Mbombela-tak van die South African Council for Business Women (SACBW) het, as verlede jaar se top-tak, vanjaar die eer om die nasionale toekenningsaand aan te bied. Lonice Wessels en Cecilia Kaufman vertel meer oor die She Rise Gala op 18 Oktober.
30 Sep 9 min

Slangteengif weer in vervaardiging

Die Nasionale Gesondheidslaboratorium het so twee jaar gelede ophou om slangteengif te vervaardig, maar dit is nou weer beskikbaar. Chris Hobkirk van die Lowveld Venom Suppliers gesels met Saterdag Ontbyt.
29 Sep 16 min

Krugerwildtuin se naam verander? Hier is die proses

Die Mpumalanga-wetgewer het Dinsdag ‘n mosie van die EFF aanvaar om die Krugerwildtuin se naam te verander na die Skukuza Nasionale Park. Die party wil ook hê dat die Kruger-Mpumalanga Internasionale Lughawe se naam na die DD Mabuza-lughawe verander word. Willie Aucamp van die DA sê egter die wetgewer is…
25 Sep 9 min

SANGORA tweede keer in die Laeveld aangebied

Die SA Nasionale "Golden Oldies" Rugby-vereniging hou die naweek 'n rugbyfees by Hoërskool Bergvlam met 28 spanne wat in aksie is. Okkie Oosthuizen en Jacques Immelman van die Laeveld Leeulopers vertel meer.
25 Sep 9 min

Stem elektronies: Wat jy moet weet

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie wil teen 2029 hê dat ons elektronies ons kruisies trek in verkiesings. Thanduxolo Chembeni verduidelik.
23 Sep 9 min

Gelukkige skouganger 'n JoJo-tenk ryker

Gracious Mhlanga was die wenner van die JoJo-tenk wat van House of Plumbing te wen was by die afgelope Mpumalanga Skou. Peet Ferreira het vanoggend tydens Sonop Ontbyt die gelukkige trekking behartig.
17 Sep 5 min

The River vir Erfenisdag op die planke

Sinani bied op Erfenisdag 'n oorspronklike produksie, "The River" aan by Church Unlimited. Hannah Mohajer, die direkteur van Sinani Arts Academy, en Phil Olckers , die kommunikasiebestuurder, vertel meer oor hierdie nie-winsgewende organisasie se werk in die gemeenskap.
16 Sep 7 min

Plant nou hierdie gewasse voor die somer

Elzabé de Bruyn, 'n organiese groentetuin konsultant, het tydens Saterdag Ontbyt vertel watter gewasse jy nou moet plant voor die somer en hoe jy organies daarna kan omsien.
15 Sep 15 min

Mopani vier aptekersmaand

By Mopani-apteek het jy 'n persoonlike verhouding met jou apteker. Die groep vier die maand aptekersmaand. Jaco Venter gesels met Sonop Ontbyt.
12 Sep 15 min

MTN8 kom draai in Mbombela

Orlando Pirates en Stellenbosch speel Saterdag by Mbombela-stadion in die MTN8-eindstryd. Die MTN8-ambassadeurs en sokkerlegendes, Lucky Lekgwathi en Lehlohonolo Majoro, het met die trofee in die ateljee kom kuier.
12 Sep 11 min

Stropery bedreig Kaapsehoop wildeperde

Die wildeperde van Kaapsehoop word toenemend deur stropery bedreig. Tans is daar slegs 36 oor, na vier perde binne ‘n dag gestroop is vir hul vleis. Rodney Alexander deel die plan wat hulle het om die kolonie te red.
10 Sep 12 min
60 – 80