100.5FM Radio Laeveld 100.5FM Radio Laeveld LUISTER WEER

100.5FM Radio Laeveld LUISTER WEER

As dit op 100.5FM Radio Laeveld in Mpumalanga was kan jy dit hier op jou gemak weer luister.
Occasionally Afrikaans South Africa Music · News
1,342 Episodes
40 – 60

Ondersteun jou neurodiverse kind so

Yolanda Gani, ’n disleksie-spesialis, en ‘n plaaslike ma, Amanda Broodryk, is op ‘n missie op ouers en skole beter toe te rus in die ondersteuning van neurodiverse kinders, spesifiek kinders met ADHD, ADD, disleksie en ander leeruitdagings.
26 Jan 15 min

Die fisiese nalantenskap van trauma

Pastoor Carin Myburgh van die Trinity Truth Foundation het Saterdag Ontbyt besoek en gepraat oor die fisiese nalantenskap van 'n traumatiese gebeurtenis wat nooit volledig verwerk word nie en jare later steeds spanning, angs, of selfs liggaamlike simptone veroorsaak.
26 Jan 23 min

Kom skenk bloed

Ons saai Saterdag 30 Januarie regstreeks uit vanaf die SANBS se bloedinsamelingsveldtog. Palesa Mazibuko gesels met Sonop Ontbyt.
23 Jan 10 min

Sew & Knit vir Childline

Childline Mpumalanga benodig sagte troos speelgoed vir die kinders wie hulle bystaan. Hulle nooi naaldwerkers om bydraes te maak. Benita Nel vertel hoe die kompetisie werk.
21 Jan 7 min

Ereveldwagters hou gholfdag

Die Laeveld SANParke Ereveldwagters hou op 27 Februarie by die Witrivier-gholfklub hul jaarlikse gholfdag. Estelle Roe en Johan Willemse gesels met ons oor hul werk. Kontak hulle direk by 083-326-8185 of 083-701-9827.
21 Jan 13 min

Sonja Stadler gasspreker by SACBW

Die positiewe sielkundige, Sonja Stadler, is Donderdag die gasspreker by die SACBW se eerste netwerksessie vir 2026. Sy gesels met ons oor hoe om veerkragtigheid te kweek.
19 Jan 13 min

Dagbesoeke aan Krugerwildtuin hervat, maar hekkwotas geld

SANParke het aangekondig dat dagbesoekers aan die Krugerwildtuin vanaf vandag weer toegelaat sal word. Besoeke is verlede week tydelik opgeskort te midde van grootskaalse oorstromings na aanhoudende swaar reën. Die kwotas geld by Malelane, Numbi en Paul Kruger met safari-voertuie wat ingesluit is.  Die noorde van die park bly ontoeganklik…
19 Jan 6 min

Mbombela reënval

Mbombela kom eintlik heel lig af van die huidige swaar reënval wat dele van Limpopo, die Krugerwildtuin en Mosambiek wegspoel. Laeveld Brunch gesels met Joggie Crots oor die reënvalsyfers.
16 Jan 8 min

Krugerwildtuin beperk dagbesoekers, sluit alle toegang tot Noorde

Die Krugerwildtuin het besluit om nie meer dagbesoekers toe te laat weens aanhoudende en swaar reënval wat die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies raak. Gaste en personeel is uit Letaba-ruskamp ontruim na dit oorstroom het. Phalaborwa-hek sal ook vir ten minste 24 uur sluit so daar is tans geen toegang tot die…
15 Jan 4 min

Nuwe rekord vir goudprys

Goud het gisteroggend tot 'n rekordhoogtepunt van meer as $4,600 per fynons gestyg. Stian Schutte van PSG Wealth sê beleggers beskou goud ook as 'n veilige hawe in tye van geopolitieke spanning.
15 Jan 6 min

Rooi vlak 10-waarskuwing vir vandag en môre

Die weerwaarskuwing vir vandag vandag en môre is opgegradeer na ‘n rooi vlak 10 vir ontwrigtende reën in die Barberton, Mbombela, Nkomazi, Thaba Chweu, Bosbokrand, Letaba, Tzaneen, Phalaborwa en Giyani-areas. Weervoorspeller Abdul Ngcamu.
15 Jan 7 min

Meat World lief radio

Keagan Malyon, die bemarkingsbestuurder van Meat World het Sonop Ontbyt se ateljee kom opvrolik.
15 Jan 11 min

NHS matriekuitslae 2025

Hoërskool Nelspruit is weer as die topskool in Mpumalanga aangewys na die bekendmaking van die 2025 matriekuitslae. "Ons leer kinders om te droom met hul oë oop," sê Ferdi van Wijk (akademies) en Bertus Steyn (adjunkhoof) aan die Middag Game Drive.
15 Jan 14 min

Passiespele in Maart aangebied

NG Kerke vanaf Witrivier tot Nelspruit snoer hul talente saam om vanjaar in Maart 'n volwaardige Passiesepele aan te bied. Ds. Alisna Slabbert van die NG Kerk Witrivier vertel vir Laeveld Brunch hoe jy betrokke kan raak.
14 Jan 15 min

Barberton matrieks 2025

Hoërskool Barberton se toppresterende matrieks vir die Klas van 2025 was Kudakwashe Kadzimu, Mpumelelo Sithole, Mpho Songo en Siphesihle Mona.
14 Jan 10 min

Bergvlam matrieks 2025

Bergvlam se toppresteerders in die matriekeksamen van 2025 is Dillyn Baird, Thato Khoza en Takudzwa Chihaba. Hulle kuier saam met skoolhoof Deon Visser in die ateljee.
14 Jan 10 min

Penryn matrieks 2025

Penryn's Mieke Reingruber, Reneilwe Mokgotho and Lukhanyo Mlangeni each achieved seven distinctions in the IEB matric exams in 2025. Executive head, Mike Eissen, accompanied them to the studio.
13 Jan 17 min

Uplands matrieks 2025

Uplands College se toppresteerders van 2025 het uitstekend gevaar. Nicole Cooper, Erin Durek, Joshua De Beer en S’nenjabulo Hlatshwayo gesels met die Middag Game Drive.
13 Jan 8 min
40 – 60