100.5FM Radio Laeveld 100.5FM Radio Laeveld LUISTER WEER

100.5FM Radio Laeveld LUISTER WEER

As dit op 100.5FM Radio Laeveld in Mpumalanga was kan jy dit hier op jou gemak weer luister.
Occasionally Afrikaans South Africa Music · News
1,452 Episodes
1 – 20

Back up Stephan!

Stephan Potgieter word beskou as 'n plaaslike held wat altyd gereed is om ander te help en by te staan. Hy het drie dae gelede 'n hartaaval gehad en benodig nou ander se hulp. Sy vrou, Janine Marais, gesels met 100.5FM.
12 Jun 4 min

Donna hardloop Comrades vir CHOC

Donna James en haar seun het 'n paar weke gelede die Great Wall of China-marathon voltooi. Nou berei sy voor vir die Comrades, alles ten bate van die CHOC Foundation.
12 Jun 7 min

Verwelkom LGBTQ+ mense so

Reiskonsultant Jason Fiddler is 'n spreker by die KLCBT se toerisme-konferensie in Witrivier Woensdag. Hy sê die LGBTQ+-gemeenskap is 'n baie waardevolle mark wat mense in gasvryheid spefisiek welkom kan laat voel.
8 Jun 9 min

Die gevare van Roblox

Roblox is 'n baie gewilde aanlynspeletjie. Nicole Dos Santos van Penryn waarsku ouers egter teen die gevare wat hul kinders daar raak kan loop, en hoe om hulle daarteen te beskerm.
8 Jun 16 min

Viering van Afrikaans eersdaags ook in Kaapsehoop

Die Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans het die bekende tenoor, Coert Grobbelaar, as hul Taalaktivis van die Jaar aangewys sy bedrae tot die bevordering van Afrikaans in 2025 toe Afrikaans 100 jaar herdenk het as amptelike taal en 150 jaar as nie-amptelik. Die Afrikaanse viering duur egter voort en…
5 Jun 13 min

Safari Gids van die Jaar vier 15 jaar

Safari Gids van die Jaar is hierdie jaar 15 jaar oud. Die 2026 kompetisie vind plaas 18 tot 24 Junie. Vyf finaliste is reeds gekies en die finale sal in die Groter Kruger wees. Mike Karantonis is die stigter en 'n beoordelaar.
5 Jun 10 min

Laeveld se krieketster Katie Prior sprei vlerke met toer na Japan

Van die Laeveld na Japan... Die plaaslike krieketspeler Katie Prior het onlangs aan die jaarlikse Women’s Japan Premier League deelgeneem. Sy gesels met die Middag Game Drive oor haar reis van speel vir Mpumalanga Dogters o.19 en Mpumalanga Vroue – tot nou vir die Titans in Pretoria asook haar onlangse…
4 Jun 5 min

Applous na dapper inwoner verdagte help vastrek

Callum Mac Pherson ,moes 'n kliënt die week met 'n Bell's beloon na sy dapperheid gehelp het om 'n verdagte, wie Securicon glo 'n gewoontemisdadiger is, vas te trek. Hy gesels met Laeveld Brunch.
4 Jun 16 min

Hokkievrou op pad na Hokkie Wêreldbeker

Carey Clarke van LVCC is een van drie Laevelders wat ingesluit is in die nasionale meesterspan vir die komende Hokkie Wêreldbeker. Sy gesels met die Middag Game Drive.
4 Jun 6 min

Vertrou onderwysers

Uitbranding onder onderwysers in Suid-Afrika is 'n krisis. Tot soveel as 70% van opvoeders ervaar dit, en byna 50% verlaat die professie binne hul eerste vier jaar. Danielle Beer van Penryn gesels met ons oor die uitdagings.
3 Jun 12 min

Teistering in die werkplek

Linda Brenchley, 'n bedryfsielkundige, verduidelik hoe algemeen en skadelik verskillende teistering in die werkplek is, en wat jy daaromtrent kan doen.
3 Jun 15 min

Danie Rossouw-span op pad na Europa

Elke jaar bied Hoërskool Rob Ferreira die Danie Rossouw Rugbyweek-aan en dan kies hulle twee spanne wat internasionaal gaan toer. Ons gesels nou met Conrad Jonker van Hoërskool Rob Ferreira en Jaco Mouton van Hoërskool Barberton.
2 Jun 6 min
1 – 20