Google het ingestem tot 'n R688 miljoen-betaling aan die Suid-Afrikaanse mediabedryf. in 'n beginselstryd teen internasionale reuse wat tot nou toe hul nuusinhoud sonder vergoeding gebruik het. Mediareg-kenner en prokureur, Helene Viljoen, verduidelik wat jy moet weet.
Die Laeveld JOC is gereed vir die feestyd. Plaaslike sekuriteitsmaatskappye het saam met die polisie vanoggend 'n aktivering gehou om die publiek te herinner om ook bedag te wees, omdat misdaad hierdie tyd van die jaar as 'n reël toeneem. Frank Swanepoel gesels met Sonop Ontbyt.
Sinhle Mona (18) is about to matriculate from Penryn and has big music dreams. To help her realise these she today recorded three songs as part of her CV to apply to study her passion overseas.
Stian Schutte van PSG Wealth is baie positief oor die mediumtermyn-begrotingsbeleidverklaring wat die minister van finansies, Enoch Godongwana, gister gelewer het. Hy sê die markte is ook.
Die DA eis dat Mbombela-munisipaliteit ophou om mense se kragtoevoer af te sny. Koukusleier, Robert Dlamini verduidelik die amnestie-kwessie saam met raadslede Sanley van der Merwe en Thea Rix.
Finansiële stres-sindroom hou verband met middelklas armoede: Jy het kennis en 'n goeie inkomste, maar tog is jy finansieël op jou knieë. Klink dit bekend? Gary Kayle van Cumulate sê daar is hulp.
Die R&B-sangeres Liyana se jongste enkelsnit, "Let Love Die" is onlangs vrygestel. Sy vertel hoe haar grootwordjare in 'n Duits-Filipynse huishouding in Mbombela haar musiekinvloede gevorm het.
Dr. Thomas Funke, die hoof uitvoerende beampte van die SA Suikerrietkwekers, sê 'n krisis bedreig die suikerbedryf wat in landelike Mpumalanga en KwaZulu-Natal gesentreer is met ingevoerde suiker wat met 400% gestyg het tussen Januarie en Augustus.
Dr. Jacques Burger, 'n tandheelkundige by Cure Day-hospitaal in Mbombela, sê dié daghospitaal laat hom toe om prosedures uit te voer terwyl pasiënte slaap, wat dit 'n minder angstige ervaring vir hulle maak.
Die Hooggeregshof in Kimberley het in ‘n waterskedingsuitspraak die deur geopen vir die wettige internasionale handel in renosterhoring. Die regter het gelas die toepaslike owerheid moet permitte vir internasionale handel in renosterhoring uitreik as hy tevrede is dat die horings kom van witrenosters wat in aanhouding vir bewaring geteel is…
Lizette Kuhn is 'n dieetkundige wat al baie navorsing gedoen het op die uitwerking van voeding op breingesondheid. Sy sê dit is nooit te laat dat gesonde kos 'n positiewe impak op jou kan maak nie.
Curro Nelspruit is aangewys as een van die Top 20 finaliste in die Afrikaans100-kompetisie. Hulle is die enigste Curro-skool in Suid-Afrika wat dit gemaak het, en een van net twee skole in Mpumalanga wat op die lys verskyn. Onderwysers Marietjie Viljoen, Elmarie Bouwer en Ruval Gouws kuier in die ateljee.
Gemeenskapslede is besig met 'n projek om die Nelspruit-biblioteek se kinderafdeling op te knap. Marla Louw vertel meer. Kontak by 084-913-0349 of marla@marlalouw.co.za as jy betrokke wil raak.
Kaapsehoop hou Saterdag 'n dag ter herinnering aan al die gevalle soldate by die historiese begraafplaas. Claudette Currie-Lateray vertel meer. oor die geskiedenis.
Lowveld Live Stream fokus al hoe meer op Laeveld sport en om dit uit te saai. Hennie van der Linde sê dit is 'n kwaliteitproduksie met baie waarde vir toeskouers en deelnemers.
Innibos oorhandig vandag aan Care for Wild se personeel vellies en T-hemde. Naranda Leeuwner vertel meer oor dié uitreik.
30 Oct
10 min
20 – 40
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.