100.5FM Radio Laeveld 100.5FM Radio Laeveld LUISTER WEER

100.5FM Radio Laeveld LUISTER WEER

As dit op 100.5FM Radio Laeveld in Mpumalanga was kan jy dit hier op jou gemak weer luister.
Occasionally Afrikaans South Africa Music · News
1,567 Episodes
1 – 20

Lefpa onthou 11 September 25 jaar later

Dit is vandag die 25ste herdenking van 11 September 2001 toe Al Kaïda-vlieëniers met twee gekaapte vliegtuie in die toringgeboue van die Wêreldhandelsentrum in New York vas gevlieg het. In totaal is 2,977 slagoffers daardie dag dood. André Scheepers van die Laeveld- en platorand-brandbeskermsvereniging deel sy herinneringe.
11 Sep 6 min

Night of 1000 stars

Night of 1000 Stars ten bate van KANSA vind eersdaags plaas. Sandra Jacobs en Rinella Jansen van Vuuren gesels met Sonop Ontbyt.
10 Sep 10 min

Jabberwock gerat vir Wêreldkampioenskap

Adventure Race-span Jabberwock (Sara Archdeacon, Harry Wiltshire, Craig Metherell, DeWaal Visser) is op pad na Adventure Racing Wêreldkampioenskap in Corsica, Frankryk vanaf 27 September.
10 Sep 9 min

Songs of Praise

Die Hervormde Kerk Nelspruit bied sedert 2001 Songs of Praise aan en Richard Cock, een van Suid-Afrika se bekendste en mees gerespekteerde dirigente en koorleiers, is deel daarvan sowel as die Mpumalanga Universiteitskoor, plaaslike gemeenskapskoor, Laudate, die Laerskool Laeveldkoor en die Laeveld Jeug. Tobias Kruger en die dirigent van die…
8 Sep 10 min

Sterk El Niño kom: Lefpa gesels oor brandgevaar

Vanjaar se El Niño-weerverskynsel sal moontlik die sterkste ooit wees. Dit lei tot droë en uiters warm weer wat die brandgevaar tot die uiterste verhoog. André Scheepers vertel vir Laeveld Brunch hoe lyk die situasie tans in die Laeveld.
4 Sep 14 min

Twee vasgetrek tydens pro-aktiewe operasie

Securicon het tydens een van hul gereelde pro-aktiewe operasies die week twee verdagtes in hegtenis geneem met vermoedelike verdowingsmiddels en gevaarlike wapens in hul besit.
3 Sep 15 min

Nelspruit tenniskampioene op pad na Sun City

Mias Bezuidenhout en Wernich Rossouw is van die spanlede van Nelspruit Tennisklub wat onlangs as provinsiale kampioene gekroon is en nou op pad is na die American Express National Club Championships Finals in Sun City.
3 Sep 10 min

Pumas haal weer Curriebeker halfeind

Die Griekwas sal as gasheer vir die Leeus in Kimberley optree, terwyl die Cheetahs die Airlink Pumas in Bloemfontein verwelkom vir die Curriebeker-premierafdeling se halfeindstryde die naweek. Die Griekwas het boaan die punteleer geëindig met 31 punte na hulle die Boland Kavaliers met 48-17 geklop het, terwyl die Cheetahs tweede…
2 Sep 6 min

Bach to Beatles kom na Laeveld

Die wêreldbekende Charl du Plessis Trio is op pad na die Laeveld. Die pianis gesels met die Middag Game Drive oor Bach to Beatles.
2 Sep 7 min

Lowveld Venom Suppliers: Pas op vir slange die somer

Die somer beloof om uitermatig warm te wees weens die El Niño effek. Chris Hobkirk van Lowveld Venom Suppliers het met Saterdag Ontbyt gesels oor wat jy kan doen om jouself te beveilig teen giftige slange wat moontlik skuiling sal probeer vind in koeler plekke soos in jou huis of…
31 Aug 14 min

Stem in volgende ronde van Skryf'it

Stemming is oop vir die volgende ronde van die FAK Skryf’it-liedjieskryfkompetisie. Ons eie Coenie Naudé het jou stem nodig. Hy het “Geraas” self geskryf en nou kan óns help om dit verder te vat. Jy kan TWEE keer vir hom stem: een keer met jou selfoonnommer en een keer met…
28 Aug 8 min

Boere speel gholf vir landelike veiligheid

Die Sterkspruit-boeregemeenskap het 'n oorspronklike tipe gholfdag bedink om fondse in te samel vir hul veiligheid. Andrew Dunn en Henry du Pradines vertel meer.
27 Aug 7 min

Beskerm jouself so teen swendelaars

Aanlyn swendelary neem net toe met verneukers wat al hoe meer gesofistikeerd raak om slagoffers uit te oorlê. Juan Grobbelaar, die hoof van kredietverhoudings by die Suid-Afrikaanse Bankrisiko-inligtingsentrum, gesels met Laeveld Brunch oor hoe jy jouself kan beskerm.
27 Aug 14 min

Securicon: Ontmoet Gerald Erasmus

Callum MacPherson van Securicon het sy jarelange operasionele bestuurder, Gerald Erasmus, tydens Laeveld Brunch aan luisteraars bekend kom stel.
27 Aug 14 min
1 – 20