Stem in volgende ronde van Skryf'it

Loading player...
Stemming is oop vir die volgende ronde van die FAK Skryf’it-liedjieskryfkompetisie. Ons eie Coenie Naudé het jou stem nodig. Hy het “Geraas” self geskryf en nou kan óns help om dit verder te vat. Jy kan TWEE keer vir hom stem: een keer met jou selfoonnommer en een keer met jou e-posadres. Besoek https://www.skryfit.co.za/ én SMS AD1 na 45730. Kom ons help hierdie Laeveldse rocker tot in die Top 5!
28 Aug Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Onderversekering: Herbou van huis kan meer kos as wat jy dink

'n Huis kan op papier lyk asof dit voldoende verseker is, terwyl dit in werklikheid aansienlik onderverseker is. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur verduidelik waarom die herbouwaarde belangrik is, hoe onderversekering gedeeltelike eise kan beïnvloed, en waarna huiseienaars moet kyk.
28 Oct 14 min

Braai Hard vir Power of 8 000

Die tweede aflewering van Braai Hard vind Saterdag plaas ten bate van Power of 8 000. Greg Austin en Angela Kent gesels met die Middag Game Drive.
27 Oct 7 min

Wêreld Woordeboekdag

Wêreld Woordeboekdag was Vrydag, 16 Oktober. 100.5FM het gesels met Yolandi Farham, die uitgewersdirekteur vir Afrika by Oxford University Press oor kunsmatige intelligensie (KI) en soekenjins wat leerders binne sekondes van ’n antwoord kan voorsien. Sy waarsku egter ’n vinnige vertaling bou nie die nodige begrip wat nodig is om…
19 Oct 10 min