Agt munisipaliteite in Mpumalanga begin Aarto implementeer

Loading player...
Die Mpumalanga Departement van Gemeenskapsveiligheid sê agt munisipale gebiede in die provinsie het begin met die implementering van die Aarto-wetgewing. Die Stad Mbombela, Nkomazi, Thaba Chweu, Steve Tshwete, Emalahleni, Thembisile Hani, Govan Mbeki en Lekwa is onder 62 munisipaliteite wat landwyd vir fase twee van die uitrol geïdentifiseer is. Met die implementering sal boetes aan motoriste slegs ingevolge Aarto uitgereik word. Volgens die departement sal bestuurders wat boetes nie binne die voorgeskrewe tydperk betaal nie, nie toegelaat word om bestuurderslisensies, motorlisensies, of enige nuwe voertuie te registreer nie.
18 Aug Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Oktober is Downsindroommaand

Oktober is Downsindroommaand. Annien van Tonder van Club 21 vertel wat jy kan doen om meer ondersteunend en inklusief te wees.
28 Oct 6 min

Onderversekering: Herbou van huis kan meer kos as wat jy dink

'n Huis kan op papier lyk asof dit voldoende verseker is, terwyl dit in werklikheid aansienlik onderverseker is. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur verduidelik waarom die herbouwaarde belangrik is, hoe onderversekering gedeeltelike eise kan beïnvloed, en waarna huiseienaars moet kyk.
28 Oct 14 min

Braai Hard vir Power of 8 000

Die tweede aflewering van Braai Hard vind Saterdag plaas ten bate van Power of 8 000. Greg Austin en Angela Kent gesels met die Middag Game Drive.
27 Oct 7 min