"Die Tas in Ponte" is 'n eg-plaaslike produksie wat op 23 September by die Boulevard Theatre se debuut maak. Lasea Swift, Koos Schoonraad en Bertus de Bruyn gesels met die Middag Game Drive.
Bedrieërs lê en wag om niksvermoedende mense onder valse voorwendsels te besteel as hulle hul waardevolle items van die hand wil sit. Moenie daarvoor val nie, waarsku Leon Roos van Nelspruit Jewel Exchange. Gebruik eerder iemand betroubaar.
Die Airlink Pumas het die WP Saterdag met 39-13 in hul Curriebeker-wedstryd in Kaapstad geklop en bly sodoende in die stryd vir die uitspeelrondes. Die Pumas is nou 5de op die punteleer, met die segelose WP heelonder. Hulle speel Vrydagaand in Durban teen die Haaie in die finale ronde om…
Die Mpumalanga Skou is hier en 100.5FM saai regstreeks uit vanaf Mbombela-stadion. Saterdag is dit saam met House of Plumbing. Craig Irwin het met Sonop Ontbyt gesels.
Adv. Kobus van der Walt het Maandag by Charles 'n draai gemaak tydens Laeveld Bliss om oor die toekenning te gesels wat hy ontvang het as een van drie landwye toppresteerders van die Nasionale Vervolgingsgesag. Hy is tans senior staatsadvokaat by die Mpumalanga NVG se Batebeslagleggingeenheid.
Die Mpumalanga Skou beloof drie dae vol vermaak vir die hele gesin. Pieter Rischmuller is een van die kunstenaars wat daar optree. Hy gesels met Sonop Ontbyt.
Die skrywer Marita van der Vyver is op besoek aan die Laeveld, waar sy gematrikuleer het, vir die Innibos Boekenaweek in Kaapsehoop. Haar uitgewer, Eben Pienaar, het haar na ons ateljee vergesel vir 'n geselsie.
Die Sanlam Boland Kavaliers het ‘n terugkeer van ‘n agterstand van 21-3 gelewer, om die Airlink Pumas Vrydagaand met 29-26 in Mbombela te klop, wat hulle bo-aan die Curriebeker-puntelys plaas. Spanbestuurder, Sam Sikiwe, kuier by Sonop Ontbyt voor hul kragmeting Saterdag teen die WP in Kaapstad.
Dr. Peet van der Walt is 'n legende in natuurbewaring. Hy was lank die adjunkhoof van Natuurbewaring in Namibië en het 'n sleutelrol gespeel in die stigting van die oorgrens parke. Hy was by Charles in die ateljee tydens Saterdag Ontbyt.
Die Mpumalanga 911 Riders fokus op Grace Baby Haven en die Teddy Bear Foundation vanjaar tydens hul jaarlikse rit ten bate van nie-winsgewende organisasies. Shaun Terblanche en Nandi de Witt vertel meer.
Die Ndlovu Jeugkoor hou op 7 September konsert in die botaniese tuin ten bate van die SANParke Ereveldwagters as deel van hul Erfenistoer. Ralf Schmitt gesels met Sonop Ontbyt.
Senuwees is enige akteur se grootste vyand. Steven Schamrel van Troupe Studio het raad vir ouers en deelnemers voor die drama en spraak-afdeling van die Nelspruit Eisteddfod oor die volgende twee weke plaasvind.
Die Pumas speel die naweek weer tuis - hierdie keer teen die Boland Kavaliers, wat tans tweede lê op die Curriebeker-punteleer. Die bestuurspan het kom inloer.
Die Laeveld en Platorand-brandbestrydingsvereniging sê geen brandpermitte sal tot verdere kennisgewing uitgereik word nie. Dit is vanweë die hoë brandgevaar te midde van warm, droë en winderige toestande. André Scheepers van Lefpa verduidelik die brandrisiko is tans uiters hoog en alle brandbedrywighede moet reeds voltooi wees om die risiko van…
Angela Kent het verlede jaar die Dancing Queens gekonseptualiseer. Nou is dit 'n projek deur Witrivier-inwoners ten bate van 'n nie-winsgewende organisasie in die gemeenskap en dit word uitstekend ondersteun. Sy en Donna James kuier by 100.5FM.
18 Aug
8 min
80 – 100
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.