Maroela Media ToekomsVenster

ToekomsVenster

"ToekomsVenster" is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie (info@toekomsvenster.co.za) of besoek toekomsvenster.co.za.
Daily Afrikaans South Africa Christianity
1,848 Episodes
500 – 520

ToekomsVenster: Antwoorde op jou gebed

Miskien is daar vandag iets waaraan jy niks kan doen nie. Rus in die wete dat die Here betroubaar is. Miskien is daar iets waarvoor jy al lankal bid. Dalk sê die Here dis tyd dat jy die antwoord op jou gebed moet wees.
30 Jul 2023 12PM 3 min

ToekomsVenster: Kom ons praat oor sonde

Dit is juis die verrassende aspek van ons God. Hy gee nie met ons op nie. Hy roep sonder ophou. Hy roep terug, Hy wag dat ons soos die verlore seun in nederige afhanklikheid sal terugkeer.
28 Jul 2023 3AM 3 min

ToekomsVenster: Waar is God?

Omstandighede mag so donker wees as wat dit wil, wat God sê en belowe is die groter werklikheid. Altyd.
27 Jul 2023 10AM 3 min

ToekomsVenster: Hy klop aan die deur

Hy staan inderdaad by die deur en klop. Wie oopmaak sit by ʼn feesmaal aan. Kies elke dag die kultuur wat by jou status as kind van God pas.
26 Jul 2023 10AM 3 min

ToekomsVenster: Is jy getrou aan jou skeppingsdoel?

Hoe is jy besig om aan jou skeppingsdoel uitdrukking te gee? As ʼn mens eers ʼn antwoord gevind het op hierdie vraag en inderdaad daarmee besig raak, bring dit merkwaardige vervulling en tevredenheid.
24 Jul 2023 10AM 3 min

ToekomsVenster: Om ’n balans te handhaaf

Iewers tussen die twee uiterstes van “rem trap en petrol gee”, lê ekwilibrium. Geestelike, emosionele, fisiese heelheid. Hoe is dit met jou gesteld? Is daar balans in jou lewe?
20 Jul 2023 10AM 4 min

ToekomsVenster: Elkeen het ’n unieke roeping

Miskien help dit om, soos die proses vorder, aantekeninge te maak, die beskrywing te verfyn sodat jy by die essensie kan uitkom. Dan weer, die reis is inderdaad ʼn lewensreis, die taak is ʼn lewenstaak, die antwoord kom met verdrag. Solank jy en ek daarmee ʼn begin maak.
18 Jul 2023 10AM 3 min

ToekomsVenster: Net wat mooi is

As ons dan weer verwys na vers 11 van Psalm 16 kan ons met meer perspektief nadink en ons instemming betuig dat God inderdaad buitengewoon goed is.
12 Jul 2023 7AM 2 min

ToekomsVenster: Altyd by jou

Die digter sê: “Ek het die Here altyd by my”. Wat ʼn wonderlike belydenis. Leef vandag en elke dag vanuit hierdie werklikheid.
12 Jul 2023 7AM 2 min

ToekomsVenster: Jy moet ’n keuse maak

ʼn Mens moet ʼn keuse maak. Ons het nodig om iewers toe te laat dat die Gees van die Here van ons besit neem. Voortaan geld die beginsels van God se Woord in ons lewens. 
10 Jul 2023 10AM 4 min
500 – 520