Maroela Media ToekomsVenster

ToekomsVenster

"ToekomsVenster" is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie (info@toekomsvenster.co.za) of besoek toekomsvenster.co.za.
Daily Afrikaans South Africa Christianity
1,848 Episodes
480 – 500

ToekomsVenster: Vertrou op die Here

Vertrou die Here. Raak bewus van God, Immanuel, die Een wat ons nooit sal begewe en nooit sal verlaat nie. Hy is ʼn persoonlike God, derhalwe die uitspraak, “my God”.
28 Aug 2023 11AM 3 min

ToekomsVenster: Wees wie jy bedoel is om te wees

Dit is vandag Vrydag. Miskien wil jy jou vryheid gaan vier tydens eerskomende Sondag se erediens. Miskien wil jy volgende week as ʼn vry mens tegemoet gaan, jou ware identiteit omhels en die man, vrou en kind wees wat God bedoel het jy moet wees.
21 Aug 2023 11AM 2 min

ToekomsVenster: Christene bly nie lê nie

Val is nie sleg nie, dis net sleg as jy bly lê. Christene bly nie lê nie, nie as die Woord van God die waarheid is nie. Sy beloftes en Gees sal jou toerus.
21 Aug 2023 10AM 2 min

ToekomsVenster: Skuldbelydenis is soos asemhaling

Skuldbelydenis is soos in- en uitasem. “Here vergewe, dankie Here dat U vergewe”. Ons moet haastig wees om sonde te bely. Die Here weet in elk geval daarvan. Kry dit uit die pad, vra genade dat jy nie weer en weer struikel nie.
14 Aug 2023 11AM 2 min

ToekomsVenster: Laaste asem

Mag ek voorstel dat jy soos ek vandag ʼn paar oomblikke neem om daaraan te dink dat daar vir elkeen van ons  ʼn “laaste asem” geskeduleer is. Hoe wil ons leef in die lig van daardie realiteit?
14 Aug 2023 11AM 2 min

ToekomsVenster: Die grootsheid van God se genade

Kom ons laat in die besonder ook die Gees toe om iets van die grootsheid van God se genade, sy teenwoordigheid, sy almag, sy omgee en sy liefde by ons tuis te bring; soveel so dat ons weer vir ʼn slag na ons asems sal snak.
14 Aug 2023 11AM 2 min

ToekomsVenster: Kom op vir asem

Sjoe, ek dink dat dit ʼn wonderlike “asem-gebed” is, ʼn gebed waarin jy net vir een enkele oomblik dink aan die Een wat die lewe moontlik en die moeite werd maak. 
14 Aug 2023 10AM 3 min

ToekomsVenster: Om soos sout te wees

Weet die mense rondom jou, in jou vriendekring, by die werk, ja selfs in die gemeente, dat jy ʼn oortuigde Christen is? Sal mense wat probleme ervaar jou nader omdat jy ʼn Christen is en hulle bes moontlik sal kan help?
8 Aug 2023 8AM 2 min

ToekomsVenster: Beloftes maak skuld

Ons verkwalik politici en amptenare omdat hul so integriteitloos optree, maar is ons konsekwent om wat ons belowe het gestand te doen?
30 Jul 2023 12PM 2 min

ToekomsVenster: Bid daaroor

Die teks wat vandag aangehaal word, is mooi en besonders. Wie beter om ʼn mens in jou besluitneming te adviseer as juis die Here. Hier belowe Hy dit.
30 Jul 2023 12PM 2 min
480 – 500