Die nuwe musiekduo Held van Harte het onlangs sy tweede enkelsnit, “Legkaart”, uitgebring en daarin sing die lede oor selfwaarde, moeilike tye en liefde. Janie Monsieur gesels met hulle oor hoe die groep begin is en watter tipe musiek hulle maak.
Jan Gouws, uitvoerende direkteur van Geopende Deure Suider-Afrika, het met Maroela Media gesels oor die krisis waarin die Covid-19-pandemie vervolgde Christene in Asiatiese lande dompel. Hy het die getuienis van Samson in Mianmar met Esté Meyer Jansen gedeel.
Ziya, ook beter bekend as Jana Viljoen, het pas die hartroerende musiekvideo van haar jongste enkelsnit, "Lonely Together", uitgereik. Sy het met Maroela Media vanuit Philadelphia in die VSA met Zoom gesels oor hoe die liedjie ontstaan het.
Die 23-jarige Bloemfonteiner Gerduan Kemp het amper sy drome deur sy vingers laat glip het toe hy ʼn ander rigting as musiek ingeslaan het met sy studies. Hy het wel sy pad terug na sy musiekdroom gevind en nou wil ander inspireer om dieselfde te doen met sy derde enkelsnit,…
Dit is nie einde van die wêreld as jou kind nie ʼn klaskaptein, prefek of hoofleier in die verteenwoordigende leerderraad (VLR) in die loop van sy of haar skoolloopbaan word nie. Dit is die mening van Hugo Vermeulen, hoof van opleiding by die Skoleondersteuningsentrum (SOS).
Sunet Wagner van Tixsa het met Maroela Media gesels oor #HelpThoseOnTheFrontLine-konserte wat vir die Smile Foundation aangebied word. Sy verduidelik wie by die reeks e-konserte betrokke is, asook hoe die aanlyn konserte werk nadat jy jou kaartjie aangeskaf het.
Meer as 260 miljoen Christene wêreldwyd ervaar ernstige vervolging weens hul geloof in Jesus. Een van die grootste behoeftes vir hierdie gelowiges is Bybels. Dit is egter ’n groot uitdaging om Bybels in sekere dele van die wêreld te versprei. Jan Gouws van Geopende Deure het met Maroela Media gesels…
Marnelda de Beer, die Skoleondersteuningsentrum (SOS) se kenner van onderwys in die grondslagfase, sê sy besef daar is talle uitdagings wat kinders, ouers en onderwysers sal moet oorkom met die terugkeer na skole, maar sy glo almal het nou nog drie weke om mekaar met dié proses te help.
Ons kyk na kwessies rakende gesondheidsmaatreëls by skole, wanneer leerders mag terugkeer en wat dit beteken as leerders nie kan terugkeer skool toe nie.
Sosiale wetenskappe op gr. 4 tot 9-vlak se inhoud bestaan hoofsaaklik uit geskiedenis en geografie. Rudi de Beer, die departementshoof van Laerskool Du Preez Van Wyk op Bronkhorstspruit, verduidelik hoekom hierdie vakrigting steeds vandag noodsaaklik en relevant is.
Jana Terblanche, die hoof van GeRAT, die Afrikaans-vakvereniging van die Skoleondersteuningsentrum (SOS), gesels in die jongste aflewering van hierdie gesprekreeks oor lees as ʼn vaardigheid. GeRAT glo dit is uiters noodsaaklik vir elke kind om hulle leesvaardighede op te skerp, daarom bied die vakvereniging Woensdag en Donderdag twee gratis leeswebinare…
William Wolf het al verskeie trefferliedjies vir sangers soos Brendan Peyper, Pieter Koen en Willem Botha geskryf, en nou tree hy voor die mikrofoon aan met sy jongste enkelsnit “Droom”. Saam met die bekendstelling van “Droom” stuur hy ook die Droom-kompetisie van stapel, waar hy een aspirantsanger se droom gaan…
In die jongste aflewering van die Wolkskool-podsending gesels Gerhard Nel, adjunkhoof van Hoërskool Zwartkop in Centurion, oor hoe dié skool leiers identifiseer en watter soort leierskapprogramme hulle vir leerders bied.
Die musiekvideo is vandag (Vrydag) vir die eerste keer op Maroela Media te sien.
29 May 2020
10 min
840 – 860
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.