Vanoggend het Ilse-marie drie van haar vriendinne by Caffe Frescatti in Brooklyn Mall ontmoet. ‘n Span van 16 mense het skelm by die tafeltjies om hulle posisie ingeneem en gewag dat Su-an uit die ateljee bel. Ons wou simboliese vir Ilse-marie wys hoe vreemde mense wat van haar gehoor het,…
Baie van ons se blootstelling aan die oorweldigende hoeveelheid plaasaanvalle, is dit wat ons lees op die lamppale of die swart en wit skokkende feite van ‘n koue kliniese nuusberig of bulletin. Feite soos Robbie (56), sy vrou Hester (52) en hulle 16 jarige seun, Frikkie wat geslaap het toe…
Elke week koop Lindie by Monumentpark SuperSPAR die blommetjie, geskenk of sakkie kruideniersware waarmee sy iemand gaan verras as deel van ons #JouMenseMyMense projek in samewerking met SPAR. Sy het eintlik al ‘n nie-amptelike staande afspraak met die vriendelike karwagte in die parkeerarea wat weet dat sy iewers deur die…
Rachel is een van die oudste lede van @Eleos – ‘n niewinsgewende organisasie wat reeds die afgelope 20 jaar minderbevoorregte kinders en gesinne in Pretoria-Wes help. Eleos naam beteken “genade in aksie” en hulle bring genade in aksie deur verhouding te bou met mense sodat mense uiteindelik hulle self kan…
Vilna Badi stap al 13 jaar lank die strate van Sunnyside om een vrou op ‘n slag te red uit die kloue van human trafficking. Deur haar bediening, “Jesus4Real Ministries” het sy aanvanklik begin as ‘n evangelis wat uitreik na mense op straat met die eenvoudige begeerte om mense lief…
Elke week het Lindie die voorreg om saam met ons vriendin en kollega, Christine Henrico ons #JouMenseMyMense projek aan te pak... “Ek probeer die stories van mense met woorde vertel, maar Christine vertel boeke vol met haar prentjies. Sy het net ‘n manier om 'n oomblik vas te vang deur…
Ons het die afgelope week Internasionale Onderwyserdag gevier, maar moes wag tot die skole weer open om dit saam met ‘n baie spesiale onderwyseres te kan vier… 34 jarige Deidré wei haar lewe daaraan toe om kinders se kennis te verryk! Sy ‘n voltydse onderwyseres by Suiderbergskool, maar ook 'n…
'n Dubbeldoor #JouMenseMyMense ter viering van #Bejaardedag en #Borskankermaand. Ons het by die Centurion Raad vir Bejaardes se Expo50 gaan inloer en Ouma Hettie langs die tennisbaan waar haar kleinseun aan ‘n tennistoernooi deelgeneem het, gaan verras met ‘n plantjie vir haar tuin en ‘n soetbederf soos sy gereeld vir…
Elize Visser het al in Standerd 2 vir haar juffrou gesê sy wil eendag sielkunde swot. Toe daar na skool nie geld is om te gaan studeer nie, het sy soos haar pa, broer, oom en neef by die Suid-Afrikaanse Polisie aangesluit waar sy vir 30 jaar lank, die een…
Ons het vroeër vanjaar by 11 jarige Divenette Streicher se Tannie, Cherize Steyn gaan kuier toe sy ons meer vertel het van hierdie dapper vegtertjie wie se blindederm gebars het na sy aanvanklik verkeerdelik met nierpypontsteking en blaasinfeksie gediagnoseer is. Divenette was ‘n maand en ‘n half in Steve Biko…
Angelique Koekemoer (26) en haar 2 klein seuntjies se hele lewe het op 10 Augustus verander... Angelique se man, Marinus het oorinfeksie gehad. Gedurende die nag het hy gekla van verskriklike pyn en teen dagbreek was hy in 'n semi-koma. Angelique het die ambulans ontbied en Marinus is in Steve…
Vir hierdie #JouMenseMyMense het ons by die Life Groenkloof Hospitaal gaan kuier waar Luitenant-Kolonel La-Rochelle Swanepoel, of in die militêre-omgewing, meer bekend as Larrie Swanepoel, weer Maandagaand 26 Augustus, opgeneem is. Kolonel Swanepoel is al 35 jaar en 236 dae in die Suid-Afrikaanse Polisie Diens – ‘n leeftyd! Die afgelope…
‘n Unieke #JouMenseMyMense waar nie net Lindie Strydom vir Hester Louw by ‘n koffiewinkel in Centurion gaan verras het nie, maar sommer ‘n hele bondel van haar vriendinne. Vriendinne wat met hulle daar-wees wou sê “ons gee om vir jou” en ander wat ‘n boodskappie gestuur het. ‘n Praktiese voorbeeld…
Enige ander lekker GROOT onderhoude oor spesiale geleenthede wat buite ons normale program-formaat val.
20 Aug 2018 4AM
4 min
140 – 160
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.