Martie se German Sherperd, Flekkie keer eers beskermend by die voordeur van haar woonstel voor ons as’tware sy toestemming het om in te stap. Ons weet nie heeltemal wat om te verwag nie. Amper soos Ria toe Martie daardie eerste dag voor haar huis stop om na die woonstel te…
“Ek wil julle harte pick,” was die woorde waarmee Danie Engelbrecht sy briefie begin het. “Ek wil graag iets vir Sungardens Hospice doen, want vir die eerste keer in my lewe besef ek hoe afhanklik terminaal siek mense van ‘n plek en diens soos dié van Hospice is.” Op 28…
Cathy van Rensburg het 13 jaar gelede haar projek in Elandspoort begin. Kefilwe Thusano het o.a. 'n kleuterskool, naskoolsentrum en vrouegroep, help minstens 50 gesinne met kospakkies en gee elke dag vir ongeveer 150 mense 'n bord gekookte kos. Toe ons laas week vir Cathy gaan kuier, het Annemarie Pretorius…
Drika is 34 jaar oud en werk in die beheerkamer van ‘n sekuriteitsfirma in Pretoria-Noord. Haar man, Melt het vier maande gelede sy werk verloor. Hulle het nie ‘n kar nie, so waar hulle ook al moet wees, stap hulle – ook nou terwyl Melt elke dag werk soek. Melt…
Chantal Viljoen het haar getuienis met ons kom deel, Sondagaand, 7 April 2019. Sy het haar babadogtertjie Katryn, 'n paar jaar gelede aan die dood afgestaan. Sy is 'n voorbeeld van hoe om in Hoop te leef en oor te gee aan Christus, ten spyte van moeilike omstandighede
“Ek begin sommer al ses uur in die oggend”, sê Annamarie by die groot potte op die gasstoof waar die geure van rys, vleis en groente so saam met die stoom uitglip. Sy is een van die ses permanente vrywilligers, vrouens uit die Elandspoort gemeenskap, wat deur haar diensbaarheid aan…
Toe ons om die hoek kom met die bos blomme en geskenksakkie vol bederf om vir 79-jarige Tannie Triena by haar huis te verras, is sy aan die werk in die kombuis - presies soos haar dogter Cornel se briefie vertel het. Sy doen steeds alles self, maar dié wat…
Op die 25ste Februarie het Giovanni Hendriks die middag by die huis gekom en vir sy ma gesê daar is ‘n krapperigheid in sy keel. Later die aand kon hy nie meer praat of sluk nie. Giovanni het 8 jaar gelede aan Guillain-Barré-sindroom gely en was bang die siekte het…
Onderhoud met Berlise Louwrens: CLF se eie gratis pamflet bediening Dit is amper CLF se bestaansreg aangesien die organisasie 61 jaar gelede gestig is deur sendelinge om die Boodskap van die Bybel na almal te neem, in hulle eie taal. Ons het pamflette in verskeie kategoriee wat onder andere aktuele…
Huis Gideon se hoofdoel is die skep van ‘n liefdevolle en veilige omgewing waar getraumatiseerde kinders wat slagoffers van erge mishandeling en verwaarlosing was, geborgenheid en stabiliteit kan vind en sodoende weer kan leer om te vertrou. Die 6 kinders wat hier woon, het almal ouers, maar is weens hulle…
GROOTfm 90.5 is die afgelope jaar betrokke by David Modiba se Atletiekklub in Olievenhoutbosch. Dit het begin by 9-jarige Annerike Heyneke wat tydens een van die landloopwedlope gesien het dat van die atlete nie tekkies het nie en tussen items die gehawende sportklere uitruil. Sy het begin tekkies insamel en…
#GoeieNuusVrydag - Flippie se oogoperasie Flippie en Cornelia se storie en die dringende oogoperasie wat nodig is, het soveel harte aangeraak dat verskillende mense na ons #JouMenseMyMense projek een vir een 'n bydrae wou maak... Mense van sover as Mosselbaai en iemand wat self op R50 'n dag leef wou…
Flippie se oogoperasie 54 jarige Flippie Maré en sy vrou, Cornelia woon in Mountain View, Pretoria. Beide is werkloos en kry net die maandelikse R1700 SASSA ongeskiktheidstoelaag. Cornelia was in ‘n motorongeluk. Haar brein is besig om te verkalk en sy kry epileptiese aanvalle. Sy het ‘n vergrote hart en…
Naomi, Ruben en Zoey se ma is 4 jaar gelede, op 4 Februarie 2015 oorlede aan ‘n beroerte. Die drie kinders is toe in pleegsorg geplaas waar hulle vir die laaste 4 jaar gebly het. Naomi was maar 16 jaar oud en alhoewel sy self baie swaar gekry het, het…
Met die tot standkoming van Plastic City/Plastic View of Woodlane Villiage op die 8 hektaar stuk grond agter Moreleta Gemeente in 2009, was daar 3000 geregistreerde inwoners en 865 shacks. Maar terwyl hofsake oor wat om met hierdie mense te doen 10 jaar later steeds voortsleep, het die getal inwoners…
Die wêreldwye 16dae van aktivisme teen geweld, teen eintlik maar alle en enige mense, is jaarliks tussen 25 November en 10 Desember. Dis in hierdie tyd wat ons vanoggend by die polisiemanne en -vroue van Lyttleton Polisiestasie gaan kuier het. Hulle kry soveel keer eerstehands te doen met presies dit…
27 Nov 2018 6AM
6 min
120 – 140
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.