#JouMenseMyMense saam met SPAR – 30 April 2019 – Huis Gracia se ma van vele

Loading player...
“Ek was ‘n nommer, ‘n bed en ‘n bord kos,” beskryf een dogter haar kinderhuis lewe voor sy by Huis Gracia, ‘n plek van veiligheid in die noorde van Pretoria kom bly het. Vir baie ander soos sy, was dit ‘n laaste uitweg en kans. Net 12 van die 82 kinders het enige kontak met enige familie, maar hier word vreemd-vir-mekaar kinders wat ook elkeen deur ‘n hofbevel met ‘n tas vol seer en verniel by die deur afgelaai is, soos boeties en sussies.

“Ons praat nooit weer oor wat agter is nie,” verduidelik huisma Trudie terwyl ons saam met haar en sus Lizet, Katie en die res van die span om die kombuistafel kuier. ‘n Groep van die kinders is ook by die huis, want die bus het nie opgedaag nie. Hulle gaan na die verste een van die 7 skole. Die res is meeste binne loopafstand van die verskillende hoër- en laerskole.

“Ons wil hê ons kinders moet sover moontlik aan alles by die skool deelneem, van sport en revue, spreekkoor en redenaars.” En hulle presteer! Hier is leiers, twee top 10 leerlinge en in 2018 het 40 van die kinders Gauteng-Noord ringbal gespeel behalwe nog die 14 wat op die ou end vir die Suid-Afrikaanse span gekies is!
30 Apr 2019 2AM Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

Zander van der Westhuizen gesels met Brent Dawes -1 Februarie

Zander van der Westhuizen het tydens die Gospel-program gesels met Brent Dawes - die mede-regisseur en skrywer van die nuwe animasie-film: David. Brent vertel tydens die onderhoud hoe die droom ontstaan het en ’n werklikheid geword het. Luister ook hoe die film deur honderde kunstenaars gebou is en hoe Phil…
1 Feb 2PM 15 min

Zander van der Westhuizen - 9 November

Op Sondagaand se Gospelprogram het Zander van der Westhuizen met Dr Marinda van Niekerk en Mientjie & Wouter Prozesky oor die stryd vir Baba-reddingsbokse gesels. Marinda is van PEN en Mientjie & Wouter van Rock of Hope. Hulle organisasies doen wonderlike werk in Pretoria. Roelene Botes het ook haar getuienis…
9 Nov 2025 2PM 32 min