#JouMenseMyMense saam met SPAR

Loading player...
Flippie se oogoperasie

54 jarige Flippie Maré en sy vrou, Cornelia woon in Mountain View, Pretoria. Beide is werkloos en kry net die maandelikse R1700 SASSA ongeskiktheidstoelaag. Cornelia was in ‘n motorongeluk. Haar brein is besig om te verkalk en sy kry epileptiese aanvalle. Sy het ‘n vergrote hart en is in en uit die hospitaal. “Maar Flippie het my so nodig,” gesels sy terwyl ons span van GROOTfm 90.5 by hulle kuier.

Flippie is gesiggestremd. Hy het ‘n glas linkeroog en toe ons in einde laas jaar met vriende en familie soos Daleen Dew en Wilma van der Merwe begin gesels het, het Flippie se regteroog nog tussen 10 en 12% sig gehad. Dit het intussen drasties verswak en Flippie het nou slegs 6% sig in sy regteroog. Daleen en Wilma ken nie mekaar nie, maar het elkeen afsonderlik vir ons briefies gestuur. Hulle probeer verduidelik dat iets agter Flippie se oog losgeraak het na hy sy kop baie hard gestamp het. Die oog se lens is los en as gevolg daarvan skuif of beweeg die pupil rond. Die jellie in Flippie se oog lek ook uit.

As Flippie en Cornelia dokter toe moet gaan, stap hulle maklik 3 ure lank aan die 16km heen en weer om by Steve Biko Hospitaal uit te kom. Die busdiens is net te duur. Flippie moet dringend vir ‘n oogoperasie gaan. As die lens sou afkom, sal hy sy regteroog ook verloor. Steve Biko het vir Flippie gesê hulle kan niks vir hom doen nie. Die Ooginstituut waar hy al die jare gegaan het kan net katarakoperasies gratis doen. Die operasie wat hy nodig het, kos R100 000.
28 Feb 2019 6AM Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

Zander van der Westhuizen gesels met Brent Dawes -1 Februarie

Zander van der Westhuizen het tydens die Gospel-program gesels met Brent Dawes - die mede-regisseur en skrywer van die nuwe animasie-film: David. Brent vertel tydens die onderhoud hoe die droom ontstaan het en ’n werklikheid geword het. Luister ook hoe die film deur honderde kunstenaars gebou is en hoe Phil…
1 Feb 2PM 15 min

Zander van der Westhuizen - 9 November

Op Sondagaand se Gospelprogram het Zander van der Westhuizen met Dr Marinda van Niekerk en Mientjie & Wouter Prozesky oor die stryd vir Baba-reddingsbokse gesels. Marinda is van PEN en Mientjie & Wouter van Rock of Hope. Hulle organisasies doen wonderlike werk in Pretoria. Roelene Botes het ook haar getuienis…
9 Nov 2025 2PM 32 min