Wat sê die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher?
Loading player...
Hy praat oor die verlies van kos, wat dalk in die toekoms in 'n volgende pandemie kan ontaard en verwys na die eerste internasionale dag wat verklaar is om op die bewusmaking van kosverlies te fokus. Dit het Dinsdag plaasgevind in aanloop tot die eerste bekendmaking van metodologie om voedselverlies volgens dieselfde maatstawe te meet. Volgens Laubsher was die bewusmakingsveldtog 'n gesamentlik poging van die Die Voedsel- en Landbou-organisasie (FAO) en die Verenigde Nasies se Omgewingsprogram (UNEP) om nie slegs voedselverlies te bekamp nie, maar oor om bewustheid te kweek vir dié verlies en in terme van die omgewing te kwantifiseer.
Hy sê daar is baie meriete ten gunste van argumente vir ‘n meer gebalanseerde benadering tussen tegnologie aanwending, om meer kos met minder te produseer, teenoor verliesvermindering. Daar kan met reg argumenteer word dat die beskikbaarheid van meer kos nie noodwendig kos aan meer mense verskaf nie, want die verliese bly beduidend. Meer kos lei tot die vul van gapings, maar daar kan tereg gewonder word, wat sou gebeur as daar nie soveel geproduseer is nie? Dit sou tot gevolg gehad het dat daar meer honger mense sou wees. Groot kommer heers egter oor die skadelike impak in terme van kweekhuis gasse, wat genereer word met kos wat geproduseer, maar nie geëet word nie. Na raming gaan tot 14% van alle kos verlore nog voordat dit markte bereik.
Hy sê die Covid-19-pandemie het nie net bygedra tot verdere verliese nie, maar het ‘n betekenisvolle bydrae gelewer tot hongersnood. In Suid-Afrika is daar tot 14 miljoen mense wat kronies honger is en nie weet waar die volgende bord kos vandaan gaan kom nie. Met die verwagte skerp toename in werkloosheid is daar geen vooruitsig dat hierdie situasie kan verbeter nie. Sosiale ondersteuning by wyse van toelaes en veral dié tydens die pandemie het letterlik kos op baie tafels geplaas en die verwagting is dat die situasie onbepaald aan die orde gaan wees.