Wat sê die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher?
Loading player...
Hy sê die landboubedryf is onontbeerlik, maar hy glo dié bedryf sal anders moet deelneem aan die herstel ná die Covid-19-pandemie.
Dit is 'n gegewe dat landbou ‘n kernveranderlike vir enige ekonomiese herstelplan is, maar dié posisie moenie as vanselfsprekend beskou word nie.
Laubscher meen landbou bly ‘n sogenaamde tradisionele sektor in terme van die omskakeling van grondstowwe tot voedsel, maar volhoubaarheid sal in die toekoms anders beoordeel moet word. Daar is bewese en opbouende kritiek teen dié sektor se bydrae tot skadelike kweekhuisgasse. Trouens, as al die beeste globaal as ‘n land gesien kan word, klop net China so ‘n sogenaamde “bees-land” se vrygelate kweekhuisgasse.
Tegnologie het die landboubedryf in die sestigerjare in staat gestel om bevolkingsgroei voor te spring deur kosproduksie op ‘n hoër groeitrajek te plaas. Klassieke hongersnood is uitgewis en namate ekonomiese vooruitgang die verbruiker meer geld in die sak besorg het, het verbruikspatrone ook verander. Meer en meer proteïene is verbruik, met meer diere wat daarvoor geteel is.
Gegewe die erns van aardverwarming en die bewese skade deur skadelike kweekhuisgasse, is die nuwe uitdaging om landbouwaardekettings te transformeer. Navorsing is reeds ver gevorder ten opsigte van genetiese verbetering, wat beeste minder metaangasse laat produseer. Kunsmatige intelligensie is een van die vernaamste dryfvere om energieverspilling by beeste te beperk, soos wanneer koeie sukkel om te kalf.
Tegnologie is juis so gevorderd dat daar reeds doeltreffende proteïenvervangers is vir proteïen van dierlike oorsprong. Daar is al hoe meer stemme wat opgaan om vleisverbruik te ontmoedig, omdat juis daardie produksieprosesse bykans 'n onbeheersde bydrae tot die produksie van skadelike kweekhuisgasse lewer.