#OFMKinderhoekie - Koronavirus: 'n Boek vir kinders

Loading player...
Daar’s ’n nuwe woord wat jy dalk gehoor het. Miskien het jy mense daaroor hoor gesels, of dalk het jy dit op die nuus gehoor. Dié woord is die rede waarom jy nie skool toe gaan nie. Dit is die rede waarom jy nie so gereeld buitentoe kan gaan of by jou maats mag gaan kuier nie. Dit is dalk ook die rede waarom die grootmens of grootmense wat jou versorg op die oomblik by die huis bly: daardie woord is Koronavirus. Skrywer Jaco Jacobs was verantwoordelik vir die Afrikaanse vertaling en gesels hier oor die lesse wat die boek hom geleer het. Luister gerus hier. Om die boek gratis af te laai besoek die webblad: https://lapa.co.za/koronavirus-n-boek-vir-kinders-eboek
6 May 2020 10AM English South Africa Education · Leisure

Other recent episodes

Besighede, skole en gesinne word genooi om Omgie maand te ondersteun

ENGO se Omgie-maand is om die draai en geliefde gelukbringer OMGIE kuier weer by Yolanda Maartens om jou te herinner dat vanjaar se tema “Avontuur” is en dat daar verskeie opwindende maniere is vir skole, besighede en gesinne om betrokke te raak. Besoek gerus engo.co.za
14 Aug 4AM 2 min

Verwag ‘n dag van goeie gees by die jaarlikse Hoërskool Jim Fouché gholfdag

Die dag is meer as net ‘n gholfdag, die dag beoog om Hoërskool Jim Fouché te ondersteun en is ‘n jaarlikse fondsinsameling geleentheid wat ondersteun word deur besighede en ywerige gholfspelers. Hoërskool Jim Fouché se Gholfdag vind plaas op Dinsdag, 22 September 2026 by die Bloemfontein Golf Club. Afslaantyd is…
10 Sep 7AM 2 min

Vat hande met Vrystaat Versorging in Aksie om jonk en oud te ondersteun

Vrystaat Versorging in Aksie (VVA) is ’n diensgerigte welsynsorganisasie wat deur hul 83 dienspunte ’n verskeidenheid maatskaplike dienste en ondersteuningsprogramme aan individue, gesinne en gemeenskappe lewer. Dienste strek oor die volle omvang van lewe – van die wieg tot aan die graf. Die organisasie is ‘n aangewese Kinderbeskermingsorganisasie en lewer…
8 Sep 5AM 7 min

NWK Groephoof Uitvoerende Beampte: Pieter Kleingeld

Yolanda Maartens gesels met Pieter Kleingeld, Groephoof Uitvoerende Beampte by NWK hoofkantoor oor hul gemeenskaps projekte, en spesifiek oor hul Grip4Charity Golfdag. Pieter gee ook lekker terugvoer oor hoe gaan dit met hul Ysters in Landbou inisiatief.
4 Sep 4AM 4 min

NWK Bemarkingsbestuurder: Jacques de Wet

Yolanda Maartens kuier in Lichtenburg by die NWK hoofkantoor, en gesels met Jacques de Wet, bemarkingsbestuurder, oor wat NWK se Ysters vir Landbou is, en waarom die inisiatief so belangrik is. Hul gesels oor hoe die publiek betrokke kan raak, en wat alles beplan word vir 9 Oktober.
4 Sep 4AM 4 min