Wat sê die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher?
Loading player...
Hy sê voedselwaardekettings is ‘n komplekse versameling van aktiwiteite, wat in baie opsigte nie die waardering kry wat verdien is nie. Daar is wel erkenning vir en dankbaarheid teenoor die landboubedryf omrede kos geproduseer word tydens die Covid-19-grendelstaat, maar met die aanvanklike omskrywing van landbou as essensiële diens, wat ononderbroke gelewer moet word, is belangrike onderdele van die waardekettings gewoon uitgelaat.
Behoeftiges se toegang tot varsprodukte is geblokkeer, want die informele sektor was aanvanklik nie toegelaat om verhandeling te doen. Dié verslapping is eers op 2 April toegestaan en hoewel daar steeds ontevredenheid is in sekere kringe, omdat net formeel geregistreerde informele handelaars toegelaat word om handel te dryf, het dié vergunning getoon op leemtes wat al aangespreek moes word.
Volgens Laubscher word die informele sektor erken as wesentlik en toon groei, maar daar is geen amptelike data beskikbaar oor die omvang van hierdie besigheid nie. Hierdie is die sogenaamde vergete middelklas, maar vanweë van die wyse waarop hulle handel dryf, is hulle uitgelewer aan onbehoorlike sakepraktyke. Dit verg nie baie verbeelding om te dink wat dit kan beteken as dié handelaars se besighede meer geformaliseer kan word by wyse van toegang tot behoorlike intydse prysinligting, en onder meer beter strukture Bekostigbare toegang tot mobiele tegnologie kan hier ongekende vermenigvuldiger impak hê.
Hy sê van dié informele bedryf waar toegang tot die verbruiker tot grondvlak moontlik gemaak word, tot die mees gesofistikeerde verskaffers in supermarkte, bly die produk wat die plaashek verlaat, steeds die brandstof. Daarsonder kan bykans geen bedrywighede plaasvind nie, maar nog belangriker is die netwerk van goedere en dienste wat betrek word om die produk tot by die plaashek te bring.