Before Dawn, 1 September 2017, VL oor drama met werkers op Wesselsbron

Loading player...
In die week het ’n bom op Wesselsbron gebars oor seisoenwerkers wat na bewering in haglike omstandighede op ’n wildplaas gehuisves is om op plase mieliekoppe op klaargestroopte lande op te tel. Bewerings word gemaak dat die man die werkers van Noordwes soos slawe behandel het, kinders as arbeiders ingespan het en van die werkers nie betaal het nie. Vrystaat Landbou- uitvoerende hoof, Henk Vermeulen, sê sulke voorvalle gee landbouers ’n slegte naam. Hy sê die man wat die werkers gehuisves het, is nie ’n boer of lid van georganiseerde landbou nie, maar sê hy is 'n arbeidsmakelaar wat ’n huis op die wildplaas huur. Omdat boere se naam deur die modder gesleep is, het Vrystaat Landbou as middelman toegetree vir gesprekke tussen die partye en die departement van arbeid. Vermeulen het gister op ’n mediakonferensie gesê VL het die departement van arbeid gevra vir riglyne en regulasies om die probleme rondom seisoenarbeid vir eens en altyd op te los. Wesselsbron, seisoenwerkers, Vrystaat Landbou, Henk Vermeulen, kinderarbeid, slavery, child labour, arbeid, Department of Labour.
1 Sep 2017 1AM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Waterbuffelmelk by Babylonstoren in Kaapse Wynlande is uniek

Waterbuffelmelk en 'n boerdery met waterbuffels is wat jy by Babylonstoren in die Kaapse Wynlande gaan kry. Die unieke boerdery word bedryf deur Kobus Lambrechts van die plaas Rietvlei. Isabel van Tonder gesels met Kobus om meer van die unieke boerdery uit te vind.
28 Sep 11PM 5 min