
Voornemende pekanneutboere moet hulself vooraf met inligting bemagtig
Loading player...
OFM-nuus se landbouredakteur, Sabrina Dean, gesels met ‘n Noord-Kaapse pekanneutprodusent, André Coetzee, wat een van die boere is wat die derde Pekanneut-konferensie bywoon wat vandeesweek in Hartswater plaasvind. Hy vertel meer oor sy boerdery en sy ondervinding sedert hy ongeveer 12 jaar gelede met pekanneute begin boer het. Hy sê inligting kraai koning en moedig enigiemand wat beoog om met pekanneute te begin boer, aan om voor die tyd soveel as moontlik inligting in te samel.