
LNR stel aanbevelings oor somergraan-kultivars vry
Loading player...
OFM-nuus se landbouredakteur, Sabrina Dean, gesels met Thinus Prinsloo van die Landbou-Navorsingsraad (LNR) se Instituut vir Graangewasse oor die jongste kultivar-aanbevelingsverslae. Hy sê hulle publiseer die inligting jaarliks ná afloop van proewe op verskeie kultivars. Gewasse sluit in mielies, sonneblom, sojaboon, grondbone en droëbone. Hy sê hulle kyk ook na die aanpasbaarheid van kultivars op spesifieke streke.