
Drie groot dryfvere onder die loep tydens Willemse se werksessie
Loading player...
OFM-nuus se landbouredakteur, Sabrina Dean, gesels met die landbou-ekonoom, prof. Johan Willemse, oor sy volgende werksessie rakende landboumarkvooruitsigte wat volgende week in Bloemfontein plaasvind. Hy sê daar gaan heelwat op die wisselkoers gefokus word. Willemse sê dit, sowel as plaaslike en internasionale graanverwagtinge is tans die drie groot dryfvere wat ‘n impak op die landbousektor het.